Leesplan inligting

Die Sewe Rolle Van Die Heilige GeesVoorbeeld

The Seven Roles Of The Holy Spirit

DAG 7 VAN 7

Die Heilige Gees Is Ons Louteraar


Toe die Gees op Pinksterdag op die 120 dissipels in die bovertrek gekom het, is Hy hoofsaaklik op twee maniere geopenbaar: (1) die geluid van 'n stormwind en (2) vuurvlamme wat wonderbaarlik op elke persoon se hoof verskyn het. Ons ken nie die presiese aard van hierdie vuur nie; dit was natuurlik nie fisiese vuur nie, anders sou dit almal se hare verbrand het! Dit was heel waarskynlik die visuele bevestiging van die Gees se teenwoordigheid. Hierdie vuur verteenwoordig beslis ook God se heiligheid aan ons.


Is jy bereid om God toe te laat om jou te reinig, selfs in verborge areas? Veronderstel jy woon al 24 jaar lank in dieselfde huis en jy besluit om te trek. Die proses om op te pak en die huis skoon te maak, is nooit maklik nie. Stel jou voor wat jy sal sien as jy jou yskas uitprop en van die muur af wegtrek om dit op die vervoerwa te gaan laai.


Dit het al lank in dieselfde hoek van die kombuis gestaan. Niemand het nog ooit daaronder uitgevee nie. Die teëls sou baie vuil wees. Die vloer mag dalk oortrek wees met lae vuilgoed, stof, verdwaalde neutedoppies, stukkies verrotte kos, verlore haarbandjies, hondehare en onidentifiseerbare vlekke wat al meer as twee dekades daar is. Ga! Dit gaan 'n spesiale skoonmaakpoging verg om jou huis vir die nuwe eienaar gereed te kry.


Dit is 'n angswekkende gedagte, maar jy kan areas soos hierdie in jou eie lewe hê. Soms verberg ons ons geheime sondes in private kompartemente. Ons weet hoe om ons lelikste gesindhede te verberg. Wanneer die Gees egter met krag kom, kom Hy om ons skoon te skrop van ons stof en vuilheid.


Hy skuif die meubels in ons lewens rond om ons te reinig van wrokke, woede, skaamte, verslaafde gedrag en soveel ander dinge wat verwydering tussen ons en God kan skep. Ek raai jou aan om jou hart oop te maak vir die vuur van die Gees.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Seven Roles Of The Holy Spirit

In hierdie 7-dag leesplan wat op die boek "Set My Heart on Fire" deur J. Lee Grady gebaseer is, sal jy die Heilige Gees, wat alles kan doen, ontmoet. Hy is die Gees van God. Met onbeperkte krag en wysheid kom leef Hy gew...

More

Ons wil graag Lee Grady en Charisma House bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: http://bit.ly/heartonfirekindle

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid