Leesplan inligting

Die Sewe Rolle Van Die Heilige GeesVoorbeeld

The Seven Roles Of The Holy Spirit

DAG 1 VAN 7

Die Heilige Gees is ons Herskepper


Ontmoet die Heilige Gees wat alles kan doen. Hy is die Gees van God. Hy besit onbeperkte krag en wysheid, tog kom Hy gewillig in enige persoon leef wat in Jesus Christus glo. Dit beteken dat ons toegang tot sy wonderbare krag het. In my nadenke oor die werk van die Heilige Gees, in die Skrif en in my eie lewe, kon ek sewe duidelike funksies identifiseer.


Jesus het vir Nikodemus gesê dat ons deur die Heilige Gees wedergebore word. "Dit verseker ek jou," het Jesus in Johannes 3:5 gesê: “As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie." Ware bekering is die mees bonatuurlike ding wat ons ooit sal ervaar. Wanneer iemand sy geloof vir verlossing in Christus plaas, is dit die Gees wat sy hart oopmaak en Goddelike lewe aan hom gee.


Hy woon dan in ons en gee ons die vertroue dat ons nou kinders van God is. Nie een van ons sou vandag Christene wees as dit nie vir die herskeppende krag van die Gees was nie.


As jy al ooit iemand tot geloof in Christus gelei het, sal jy weet dat dit werklik die mees fantastiese wonderwerk is wat God kan verrig. As jy vir iemand bid om hom te bekeer en sy hart aan Jesus te gee, moet jy nie die rol wat die Heilige Gees in hierdie proses speel, verklein nie.


Hoe gebeur hierdie wonderwerk? Ons vertel gewoonlik vir nuwe Christene dat Jesus in hul harte kom woon het die oomblik toe hulle berou oor hul sondes gekry het. Weereens beperk ons taal egter die grootsheid van ware bekering.


Wanneer die Heilige Gees die lewe van 'n berouvolle gelowige binnekom, blaas Hy letterlik nuwe lewe in 'n dooie in! Net soos die profeet Esegiël toegekyk het hoe droë geraamtes opstaan, nuwe vlees kry en weer asemhaal (Esegiël 37), word mense wat dood in sonde is, opgewek tot 'n nuwe lewe wanneer hulle vir die eerste keer in Jesus Christus glo.


Moet nooit die ware krag van bekering vergeet nie. Van al die werkinge van die Heilige Gees wat vir ons beskikbaar is, is bekering die kosbaarste en die kragtigste. Moet nooit die Heilige Gees se krag om 'n sondaar te hervorm, verklein nie.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Seven Roles Of The Holy Spirit

In hierdie 7-dag leesplan wat op die boek "Set My Heart on Fire" deur J. Lee Grady gebaseer is, sal jy die Heilige Gees, wat alles kan doen, ontmoet. Hy is die Gees van God. Met onbeperkte krag en wysheid kom leef Hy gew...

More

Ons wil graag Lee Grady en Charisma House bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: http://bit.ly/heartonfirekindle

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid