Leesplan inligting

Die Sewe Rolle Van Die Heilige GeesVoorbeeld

The Seven Roles Of The Holy Spirit

DAG 2 VAN 7

Die Heilige Gees is Ons Bemagtiger


Jesus het vir sy vroeë volgelinge gesê, wanneer hulle met die Heilige Gees gedoop word, sal God hulle "met krag bemagtig" Lukas 24:49 (NLV). Dit klink lawaaierig en ontwrigtend. Dit klink soos iets wat die wêreld sou skud! Waar die Gees ook al gaan, word mense radikaal verander. Hy gee hulle die krag om met vrymoedigheid te preek, siek mense gesond te maak en selfs dooies op te wek.


Honderde jare voordat die Heilige Gees op Pinksterdag op die vroeë kerk uitgestort is, het die Ou Testamentiese profeet Esegiël, wat pas as priester aangestel is, 'n gratis voorskou gekry van hoe God die Heilige Gees sou stuur om sy mense te bemagtig.


Die voorskou het gekom in die vorm van 'n kleurvolle visioen wat 'n stormwind ingesluit het; 'n wolk wat soos vuur gegloei het; weerligstrale; en vreemde, lewende wesens met vier gesigte, bemagtig met God se Goddelike energie.


Wat God vir Esegiël gewys het, was die wonderwerk van Pinkster — hoe God sy mense met krag uit die hoogte sou beklee. Die vroeë dissipels sou nie net die geluid van 'n stormwind hoor en vlamme van vuur op elke gelowige se kop sien neerdaal nie, maar sou ook bedeel word met ontembare eienskappe: bonatuurlike krag, onwrikbare moed, onbeskaamde vrymoedigheid en 'n ongewone vermoë om in die onsigbare ryk van God se verborgenheid te kan sien.


Ek wil nie voorgee dat Hy wanorde of chaos sal bring nie. God is nie die outeur van verwarring nie. Te dikwels het die kerk egter probeer om die Heilige Gees te beperk, Hom te muilband, of Hom met 'n geweer met verdowingsmiddels te skiet sodat ons beheer kan behou.


Ek vrees dat ons in sommige gevalle hierdie wilde Gees van God gesmeek het om van ons af weg te bly sodat ons ons flou weergawe van die kerk kan geniet sonder sy onverwagte onderbrekings. As ons eerlik met onsself is, sal ons erken dat die kerk swak, bedees en inskiklik met die wêreld geword het. Soveel so, dat ons nie eens naastenby soos die magtige Christene van die eerste eeu lyk wat die evangelie moedig verkondig het, wonderwerke gedoen het en selfs hul lewens in martelaarskap prysgegee het om Christus te dien nie.


Tog bly die belofte vir ons: enige Christen wat moedig genoeg is om die Gees uit te nooi om hom te bemagtig, kan al die vertoon van mag ervaar wat in die vroeë kerk werksaam was.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Seven Roles Of The Holy Spirit

In hierdie 7-dag leesplan wat op die boek "Set My Heart on Fire" deur J. Lee Grady gebaseer is, sal jy die Heilige Gees, wat alles kan doen, ontmoet. Hy is die Gees van God. Met onbeperkte krag en wysheid kom leef Hy gew...

More

Ons wil graag Lee Grady en Charisma House bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: http://bit.ly/heartonfirekindle

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid