Leesplan inligting

Die Sewe Rolle Van Die Heilige GeesVoorbeeld

The Seven Roles Of The Holy Spirit

DAG 3 VAN 7

Die Heilige Gees Is Ons Gids


Die Gees het toegang tot al die wysheid en kennis van God. Wanneer ons in Hom bly, lei Hy ons voortdurend in die waarheid — wat ons geestelik laat groei en volwasse word. Hy is ons Leermeester (1 Johannes 2:27), en diegene wat op Hom vertrou sal weet waarheen om te gaan en wat om te doen, want hulle volg sy hemelse aanwysings.


In Romeine 8:14 lees ons: "Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God." As jy 'n kind van God is, het jy toegang tot die leiding van die Heilige Gees.


Hy is die beste gids ooit, want Hy het al die inligting wat jy uit die verlede, die hede en die toekoms nodig het. Ek is oud genoeg om te onthou toe mense nie GPS-programmatuur op hul fone (of op enige ander toestel) gehad het nie! Ons moes padkaarte in die paneelkissie van ons motors hou — gevoude kaarte van papier! Ons het hulle gebruik om uit te werk hoe om by 'n onbekende adres uit te kom. As ek aan daardie dae terugdink toe ons kaarte bestudeer het (en vir aanwysings by vulstasies gevra het), wonder ek hoe enige van ons ons bestemmings bereik het.


Die Heilige Gees is soos 'n GPS binne-in jou, behalwe dat Hy nooit deurmekaar raak of verkeerde inligting aanbied nie. As jy egter die Heilige Gees se leiding wil ervaar, moet jy leer om sy stem te onderskei en sy subtiele stampies wat rigting aanwys.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Seven Roles Of The Holy Spirit

In hierdie 7-dag leesplan wat op die boek "Set My Heart on Fire" deur J. Lee Grady gebaseer is, sal jy die Heilige Gees, wat alles kan doen, ontmoet. Hy is die Gees van God. Met onbeperkte krag en wysheid kom leef Hy gew...

More

Ons wil graag Lee Grady en Charisma House bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: http://bit.ly/heartonfirekindle

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid