Leesplan inligting

Soms Vra God Geduld ...Voorbeeld

Soms Vra God Geduld ...

DAG 4 VAN 7

Die geduld van Job

Job het gesê: “Kyk, al wil Hy my ombring – ek hoop op Hom.” Desnieteenstaande het Job breekpunt bereik; hy wou resultate sien. Sy lydsaamheid was maar min. Hy het sy plaas verloor, sy kinders, sy geld en boonop was hy siek. Hy het op die ashoop gaan sit. Dit is dalk waar jy nou is – op die ashoop, oortrek met sere en swere. God het vir Job gesê om sy man te staan en met Hóm te praat as hy antwoorde wou hê. God het ook vir Job gesê dat Hy hom ’n paar vrae wou vra. God wou weet waar Job was toe die aarde gevorm is; of Job weet waar die fontein in die middel van die oseaan is waaruit die water vloei; of hy weet hoe die son in die oggend opkom en in die aand sak; en hoe die sterre aan die hemel geplaas is?

God het voortgegaan met sy vrae terwyl Job al hoe stiller geword het. Ek wil jou vandag vra: Ken jy die antwoord op hierdie vrae? Nee, jy ken hulle nie; jy dink dalk so, maar jy het geen idee nie. Wetenskaplikes sal vir jou sê hoe meer dinge hulle ontdek, hoe meer besef hulle hoe min hulle regtig weet. Dieselfde is waar van dokters, chirurge en spesialiste. Ek het niks teen dokters nie; ’n dokter kan vir jou sê wat verkeerd is en medikasie voorskryf, maar hy kan jou nie genees nie. Net God kan jou genees. Ons is God se skepsels. Ons word ongeduldig omdat ons nie kry wát ons wil hê wannéér ons dit wil hê nie.

Job het uiteindelik tot die besef gekom van God se grootheid. In Job 42:5-6 sê hy: “Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien. Daarom herroep ek en het berou in stof en as.” Het jy vandag ’n ontmoeting met God nodig sodat jy duidelik kan sien wie Hy regtig is – die God van die heelal wat beheer het oor alles en almal?

My Vader, ek buig in belydenis voor U. Soos Job, weet ek wie U is, ek ken U, maar ek sien U nie duidelik nie. Gee my nuwe insig, Here, sodat ek u grootheid beter kan verstaan. Open my oë sodat ek U duidelik kan sien. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Soms Vra God Geduld ...

Geloof is nie “Siedaar!” nie – jy klap nie bloot jou vingers of swaai ’n towerstaf nie. Jy moet eers vra na die wil van God. En dan moet jy dikwels wag ... Ons moet getrou bly tot ons God se stem hoor en geduldig op Hom ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid