Leesplan inligting

Soms Vra God Geduld ...Voorbeeld

Soms Vra God Geduld ...

DAG 1 VAN 7

Wees getrou

Elisa het Elia getrou gevolg. In 1 Konings 19 sien ons hoe Elia vir Elisa roep om hom te volg. Hy gooi sy mantel oor hom. Elisa het alles verlaat en Elia gevolg. In ons teksgedeelte vandag sien ons dat Elia aan die einde van sy lewe kom. Dit is tyd vir hom om te gaan. Elia wil vir Elisa agterlaat, maar hy weier om van hom af weg te gaan. Drie maal sê Elisa vir Elia: “Ek sal u nie verlaat nie.” Hy is vasbeslote om getrou te bly tot die einde toe. Hy weet dat Elia hemel toe gaan en hy wil nie die laaste paar uur saam met sy mentor mis nie.

Elisa bewys homself as ’n man wat vertrou kan word. Hy bewys homself getrou tot die einde toe. Hy het een begeerte gehad en dit was om God te dien en deur Hom gebruik te word. Hy het geduld verstaan, want hy het ’n plaasagtergrond gehad. Hy het verstaan wat dit beteken om die grond voor te berei, te saai en die gesaaides te versorg. Hy het geweet dat die oes net kan afkom as die gesaaides ryp en gereed was. Elisa het geduldig van Elia, sy mentor, geleer.

Is jy getrou in die klein dingetjies sowel as die groot dinge? Getrouheid is nie ’n eienskap wat deesdae juis gerespekteer word nie. Te veel mense verbreek hulle beloftes. Mense glo nie in volharding en geduld nie. Ons leef in ’n kits-samelewing. Volg en gehoorsaam jy God getrou? Waarvoor vertrou jy Hom vandag? Ek hoop dit is iets baie groots wat net Hý kan doen. As God iets op jou hart gelê het, moet dan nie ophou totdat Hy dit volbring het nie. Bly getrou. Bly vasberade en volhard totdat jy die bewys sien. “God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here” (1 Korintiërs 1:9). Hy sal jou nooit in die steek laat nie. Die vraag is of jý getrou sal bly aan Hom tot die einde toe? Kan jy saam met Elisa sê: “Ek sal U nie verlaat nie?”

My Vader, ek dank en aanbid U vandag. Ek bid dat U my met u Heilige Gees sal vervul. Help my om te volhard en geduldig te wees, en nooit moed op te gee nie. Ek bid dat U my getrou sal maak tot die einde toe. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Soms Vra God Geduld ...

Geloof is nie “Siedaar!” nie – jy klap nie bloot jou vingers of swaai ’n towerstaf nie. Jy moet eers vra na die wil van God. En dan moet jy dikwels wag ... Ons moet getrou bly tot ons God se stem hoor en geduldig op Hom ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid