Leesplan inligting

God Se Liefde in Breë TrekkeVoorbeeld

God Se Liefde in Breë Trekke

DAG 5 VAN 5

Sonder die liefde is ek niks

In die eerste eeu was daar ‘n groot simbaal wat voor die ingang van die heidense temples gehang het. Wanneer mense gekom het om te aanbid, het hulle die simbaal geslaan om die heidense gode wakker te maak, sodat hulle na hulle gebede sou luister.

Paulus sê dat al was hy so geseënd, dat hy met die grootste welsprekendheid in elke moontlike taal kon praat, maar hy het nie die liefde nie, dan was sy lewe so nutteloos soos die belaglike aksie om ‘n simbaal te slaan om gode wakker te maak.

Paulus sê liefde is belangriker as geloof. Hy sê nie geloof is nie belangrik nie. Hy sê net dat liefde belangriker is, want selfs geloof is niks werd as dit nie gerugsteun word deur liefde nie. Die priester en die Leviet in die verhaal van die barmhartige Samaritaan het geglo. Die probleem was dat hulle nie liefde gehad het nie.

Jesus se liefde was deurgaans onselfsugtig, onvoorwaardelik en onbaatsugtig.

As ons dit van toepassing sou maak op verskillende terreine van ons lewens sal dit dalk só lyk:

Begin met jou huweliksmaat. Jy behoort jou man of vrou, naas die Here, bo alles lief te hê. Jy behoort vriendeliker, meer sagkens, meer geduldig en met meer belangstelling teenoor hulle op te tree. Kan jy sien hoe dit die atmosfeer in die huis sal beïnvloed? Daar sal nie enige stryery, skerp woorde of afjakkery tussen mekaar wees nie, want hulle belange is net so belangrik soos joune. En kort voor lank syfer dit deur na die verhoudinge wat jy met jou kinders; jou skoonouers en ander het.

Dit begin in die familie en dan spoel dit oor na die kerk familie, my werk en verder. Om die waarheid te sê Jesus het gesê: “As julle mekaar lief het, sal almal weet dat julle my dissipels is.”

Dis hoe die wêreld sal weet dat die boodskap van Jesus betroubaar en waar is, as ons mekaar regtig lief het soos Jesus ons lief gehad het. Iemand het gesê: “They will not care how much you know, until they know how much you care. “

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

God Se Liefde in Breë Trekke

Ons kom weereens diep onder die indruk van die feit dat niks ons van God se liefde kan skei nie. Toe Karl Barth na ‘n lesing wat hy gegee het, deur ‘n student gevra is om op te som wat hy geleer het in sy werk as teoloog...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.nhkwitfontein.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid