Leesplan inligting

God Se Liefde in Breë TrekkeVoorbeeld

God Se Liefde in Breë Trekke

DAG 3 VAN 5

Liefde-skuld

Skuld is en bly ‘n “lelike ding.” Tog so maklik om te maak. Romeine 13:8 sê die enigste “goeie” skuld om te hê is liefde-skuld.

C. S. Lewis skryf: Moenie tyd mors om jou te bekommer of jy jou naaste liefhet of nie, tree op asof jy hom/haar liefhet. Die oomblik wat ons dit doen, ontdek ons een groot geheim: Wanneer jy maak of jy iemand liefhet en so optree, sal jy kort voor lank ontdek jy hét die persoon lief.

Kom ek illustreer dit: ‘n Vrou het ‘n berader gaan sien omdat sy van haar man wou skei. Sy het soveel haat teenoor hom gekoester, dat sy nie net van hom wou skei nie, sy wou hom net so seer maak as wat hy haar gemaak het.

Die berader het ‘n briljante plan gehad. Hy sê toe: “Gaan huis toe en maak of jy jou man vreeslik liefhet. Prys hom vir elke goeie ding wat hy doen. Gaan uit jou pad uit om regtig vriendelik te wees. Laat hom glo dat jy hom liefhet. Nadat jy hom oortuig het van jou onsterflike liefde vir hom, dan laat jy die bom bars. Sê vir hom jy gaan van hom skei. Dit sal hom beslis baie seer maak.”

Opgewonde het sy uitgeroep: “Dit is ‘n briljante plan, hy gaan so verras wees!” Sy het alles wat die berader gesê het met oorgawe gaan doen. Sy het opgetree asof sy haar man liefhet. Vir twee maande het sy liefde bewys, was sy vriendelik, het sy geluister, het sy gegee en gedeel, was sy alles wat ‘n man in ‘n vrou kon begeer.

Toe sy na twee maande nie na die berader terugkom nie, het hy haar gebel en gevra: “Is jy gereed om met die egskeiding voort te gaan?” “Egskeiding?”, het sy uitgeroep. “Nooit!” Ek het ontdek ek het my man regtig lief.” Haar aksies het haar gevoelens verander.Toe sy begin optree asof sy haar man liefhet, het haar emosies kort daarna daarop gevolg.

Dieselfde boodskap geld vir ons. As ons optree asòf ons iemand liefhet, sal ons kort voor lank ontdek dat ons wel die persoon liefhet. Mag liefde die enigste ding wees wat ons in groot hoeveelhede aan mekaar verskuldig is!

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

God Se Liefde in Breë Trekke

Ons kom weereens diep onder die indruk van die feit dat niks ons van God se liefde kan skei nie. Toe Karl Barth na ‘n lesing wat hy gegee het, deur ‘n student gevra is om op te som wat hy geleer het in sy werk as teoloog...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.nhkwitfontein.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid