Leesplan inligting

God Se Liefde in Breë TrekkeVoorbeeld

God Se Liefde in Breë Trekke

DAG 4 VAN 5

Niks kan ons van God se liefde skei nie

In sy boek getiteld, “Mortal Lessons” vertel die chirurg Richard Selzer, die volgende:

“Ek staan by die bed van ‘n jong vrou. Haar mond is skeef. Ten einde die tumor in haar wang te verwyder moes ek ‘n klein senuwee knip. Dit het daartoe gely dat haar mond nou skeef trek. Haar man staan aan die anderkant van die bed en kyk na haar met die grootste deernis en liefde. Sy vra: “Gaan my mond altyd so lyk?” “Ja", antwoord ek, "dis omdat ek ‘n senuwee moes sny.” Sy knik en is stil. Die jong man glimlag. “Ek hou daarvan, sê hy, dis nogal oulik.” Ek voel oorweldig deur die man se teenwoordigheid. Hy buk af en soen haar skewe mond en ek kan sien hoe hy sy eie mond draai om hare te akkommodeer, net om haar te wys dat hulle soen nog werk.

Dit is hoe God ons liefhet.

Regdeur die Bybel, druk God sy liefde vir sy kinders op duisende verskillende maniere uit. Hy het ‘n wonderlike tuin vir hulle geskep om in te bly. Hy het manna en kwartels in die woestyn voorsien. Hy het vir hulle ‘n land gegee om in te bly, plase en oeste om in hulle behoeftes te voorsien. Dan doen Hy iets wat my klein verstand nooit, ooit sal begryp nie – Hy stuur sy enigste Seun na die wêreld toe. ‘n Baba in ‘n krip; ‘n Man aan ‘n kruis is twee beelde wat nie anders kan as om ons te laat wonder watter soort liefde dit is wat God vir ons het nie? Dis groter as wat ons kan begryp. Die versekering kry ons weer in die teksgedeelte ook, dat absoluut niks ons ooit van sy wonderlike liefde kan skei nie.

Soos die verhaal wat Richard Selzer vertel – sien die Here ons skewe en verdraaide lewens, maar Hy het ons nogtans lief.

Gebed: Dankie Here, dat U my liefhet ten spyte van wie ek is en wanneer U na my kyk, sien U u Seun in my raak. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

God Se Liefde in Breë Trekke

Ons kom weereens diep onder die indruk van die feit dat niks ons van God se liefde kan skei nie. Toe Karl Barth na ‘n lesing wat hy gegee het, deur ‘n student gevra is om op te som wat hy geleer het in sy werk as teoloog...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.nhkwitfontein.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid