Leesplan inligting

Leef VryVoorbeeld

Live Free

DAG 5 VAN 5

Vry Om Te Bevry

Ons is nie net vry van iets nie, ons is vry vir iets. Ons is vry om ander te help bevry.  Met ander woorde, Jesus se opdrag is ons opdrag.


Wat ek van die aanvang van Jesus se bediening in Lukas 4 hou, is die duidelikheid wat hy na sy sending gebring het. Na 40 dae van versoeking in die woestyn, besoek Hy die tempel en begin Hy uit 'n boekrol lees — een wat die Jode al vir eeue lank vanuit gelees het. Jesus skep hierdie "laat val die mikrofoon" oomblik wanneer Hy sy vervulling van die Woord stel soos verwoord in Lukas 4:18-19:


“Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het my gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.”


Basies sê Jesus, “Ek is die persoon wat julle en al julle voorvaders al vir duisende jare lank voor wag.”


As Jesus se opdrag ons opdrag geword het, kan jy jou gedeelte vind deur hierdie vrae te beantwoord:


Goeie nuus aan die armes: Hoe kan ek Christus deel met diegene in my lewe wat fisiek, emosioneel, of geestelik arm is?


Vryheid vir die gevangene: Hoe kan ek ander help om die houvas van vrees, pyn en skande te breek en hulle bekend te stel aan die Seun van God wat hulle bevry?


Gesig vir die blindes: Hoe kan ek mense help om te sien wat hulle nie kan sien nie, of help om te sien wat God in hulle sien?  Hoe kan ek genesing aanmoedig en bevorder in iemand se lewe?


Vryheid vir die onderdruktes: Hoe kan ek vandag die las vir iemand dra?  Hoe kan ek die swaar las wat ander om my voel, verwyder of verlig?


Het jy opgelet hoe ons geneig is om aangetrokke te voel tot mense wat ten volle vanuit hul vryheid leef? Die lewe is meer as om net te weet dat ons 'n Verlosser het. Dit is ook om ons verlossing uit te leef. Jesus Christus het ons vrygemaak en ons kan 'n lewe lei wat vry in daad is en werklik vry wees!


Gebed


Vader, ek loof U vir die vryheid wat U my in Christus gee. Dit is deur u krag en mag wat ek kan vergewe. Help my om voort te gaan om 'n lewe te kies wat aangevuur word deur geloof, hoop en liefde, met die wete dat ek ten volle aangeneem is as u kind. Jesus, u opdrag is my opdrag. Wys my watter deel U wil hê ek vandag moet speel om ander te lei na 'n lewe wat inderdaad vry is! Amen.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Live Free

Jesus het gekom om ons te bevry, maar daar kan beslis seisoene in ons reis saam met Hom wees waar ons alles behalwe vry kan voel. Hierdie 5-dag leesplan sal ons uit ons grendels laat los breek terwyl dit ons toerus en be...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan, geskryf deur Greg Gackle. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid