Leesplan inligting

Leef VryVoorbeeld

Live Free

DAG 2 VAN 5

Filter vir Vryheid

Waaroor ons vandag sal praat, is sonder twyfel die eenvoudigste, mees katalitiese idee wat ek gevind het in my soeke na vryheid in Christus.


Die Skrif wys vir ons dat toe sonde die wêreld binnegekom het, dit hierdie drie hokke daarmee saamgebring het: vrees, pyn en skande. Ons is almal gebroke in hierdie areas. Ons het vrese wat ons verlam, pyne wat ons verslaan, en skandelike gedagtes wat verdraai wie ons werklik in Christus is.


Die goeie nuus is dat Christus vir ons sleutels gegee het om uit hierdie hokke te kom! Geloof. Hoop. Liefde.


Geloof om te glo wie ons werklik in Christus is, vernietig ons skande. Hoop om deur ons pyn te volhard. Liefde wat alle vrees verdryf.


Ons mag onsself bevind in 'n leefwyse wat gelei word deur vrees, pyn of skande:  Ons hou geheime. Ons dra maskers. Ons glo leuens. ʼn Lewe van geloof, hoop en liefde word egter gekenmerk deur die teenoorgestelde — vertroue, deursigtigheid en die waarheid van God!



Oefening

Skryf sleutel-stellings neer van geloof, hoop en liefde wat jou sal bevry van die hokke van vrees, pyn en skande.


Voorbeelde:


Skande: Ek is nutteloos.


Vrees: Ek is bang om alleen te wees.


Liefde: Dit maak nie saak wat nie, God is altyd met my.


Geloof: Ek glo dat God 'n unieke doel met my lewe het.


Gebed


Dankie, Vader, dat U my nie 'n gees van vrees gegee het nie, maar een van krag, liefde en selfdissipline. In U naam, Jesus, vra ek U om die krag van vrees, pyn en skande in my lewe te verwyder. Help my om nie daarin verstrengel te raak nie, maar om deur te breek na die ware vryheid wat gevind word in die geloof, hoop en volmaakte liefde wat U my gegee het. Amen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Live Free

Jesus het gekom om ons te bevry, maar daar kan beslis seisoene in ons reis saam met Hom wees waar ons alles behalwe vry kan voel. Hierdie 5-dag leesplan sal ons uit ons grendels laat los breek terwyl dit ons toerus en be...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan, geskryf deur Greg Gackle. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid