Leesplan inligting

Leef VryVoorbeeld

Live Free

DAG 1 VAN 5

Eerstens Vergifnis

Elf woorde. As dit al is wat jy uit hierdie leesplan kry, om hierdie elf eenvoudige woorde regtig in te neem, sal dit die moeite werd wees. Ek het die grootste deel van my lewe dit gehoor, maar dit nie daagliks ten volle ervaar of beleef nie.


Die elf woorde word gevind in Johannes 8:36: “Eers as die Seun julle vrymaak, sal julle werklik vry wees.”


Ek het die eerste paar woorde maklik verstaan — omdat Jesus Christus die prys namens my aan die kruis betaal het, is ek vry van sonde en die dood. Dit was die laaste drie woorde waarmee ek gesukkel het: “…werklik vry wees.” Ekself het nie in die “werklik” soort vryheid begin loop totdat ek die lesse in hierdie leesplan geleer het nie.


Eerstens, moet ons verstaan dat om "werklik vry" te wees, begin met vergifnis.


Ons het almal mense in ons lewens wat ons mondelings, emosioneel, fisiek en/of selfs geestelik seergemaak het. Daardie seer vorm 'n wrok in ons — ons herleef dit oor en oor wanneer ons aan die pyn dink of dit weer ervaar. In 'n ideale wêreld sou die oortreder na ons toe kom en om vergifnis vra, maar dit mag dalk nooit gebeur nie.


Om die houvas van hierdie pyn in ons lewens te breek, moet ons die idee laat vaar om onsself te wil vergeld; of dit manifesteer in ons gedagtes, die woorde wat ons sê of in ons optrede. Die krag van die evangelie wat ons deel, kom van die wete dat elke oortreding — myne en andere s’n — reeds betaal is. Daarom oorhandig ons die seer, die wrokke en die betrokke persoon aan God en vertrou Hom vir geregtigheid en genade.


Vergifnis is die eerste stap om vry te kan leef, want God se prioriteit is jou hart. Wanneer jou hart reg is, sal die "leef vry" leefwyse volg.


Dus, wie in jou lewe moet jy vergewe?


Gebed


Wanneer jy gereed is, bid hierdie gebed: “Vader, ek vergewe (plaas naam), en ek laat vaar my reg om wraak te neem teen hulle. Ek gee U die seer en wrokke en vertrou U wil vir geregtigheid en genade in hulle lewe. Dankie Jesus, dat U dieselfde vir my gedoen het. Amen.”


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Live Free

Jesus het gekom om ons te bevry, maar daar kan beslis seisoene in ons reis saam met Hom wees waar ons alles behalwe vry kan voel. Hierdie 5-dag leesplan sal ons uit ons grendels laat los breek terwyl dit ons toerus en be...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan, geskryf deur Greg Gackle. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid