Leesplan inligting

Leef VryVoorbeeld

Live Free

DAG 3 VAN 5

Koester Jou Aanneming

Ek het 'n vriend wat op 'n sendingreis na Haïti gegaan het ná 'n verwoestende aardbewing. Sy werk was om kos te bedien aan die weeskinders wat in die strate gewoon het. Meeste van die kinders was gewoond aan 'n lewe van bedel, en hulle sou hul borde bring om gevul te word.


Sodra hulle klaar was met hul eerste bediening, sou die kinders hulleself uit die voete maak en nie vir ‘n tweede porsie terugkeer nie. Die span kon dit nie verstaan nie. Daar was oorgenoeg vir die kinders om tweede porsies te kon geniet. 'n Plaaslike inwoner van die dorp het uiteindelik aan die span vertel dat die weeskinders nie gedink het hulle die tweede porsie werd was nie.


In baie opsigte kan ons soos geestelike weeskinders voel, en van die oorskiet van hierdie wêreld af leef om ons honger te stil, sonder om te besef dat God soveel meer vir ons het — sy tweede porsie. Die waarheid is dat jy alles werd is wat God vir jou bied! Ons is tot koninklikes aangeneem.


Wanneer laas het jy 'n prins of prinses gesien het wat vir stukkies oorskiet bedel? Christus het gekom om ons bedelaars bord te vervang met 'n beker van die Koning, en Hy sal dit aanhou vul sodat ons oorloop na ander.


Hier is egter die daaglikse spanning: ons kan kies om soos die weeskinders of soos die aangenome te leef. Wie gaan jy vandag wees?


Gebed


Vader, ek dank U dat U my Vader is en ek u kind is. Help my om vandag te leef op 'n manier wat weerspieël hoe goed, hoe liefdevol en hoe kragtig U is. Ek kies om myself te sien soos U my sien en om ander te sien soos U hulle sien. Ek loof U, Jesus, vir my aanneming! Amen.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Live Free

Jesus het gekom om ons te bevry, maar daar kan beslis seisoene in ons reis saam met Hom wees waar ons alles behalwe vry kan voel. Hierdie 5-dag leesplan sal ons uit ons grendels laat los breek terwyl dit ons toerus en be...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan, geskryf deur Greg Gackle. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid