Leesplan inligting

Hoe Om Jou Geloof te DeelVoorbeeld

How To Share Your Faith

DAG 6 VAN 7

Stap 3: Deel Dit


Jy is amper by die laaste dag van die leesplan. Welgedaan! Nou is dit tyd om jou geloof te deel.


Hoe moet dit lyk?


Hier volg voorbeelde van hoe dit nié lyk nie:


  • Om op die straathoek met 'n mikrofoon vir die mense te skree dat hulle op pad hel toe is.
  • Dra Christelike T-hemde wat 'n gewilde handelsmerk naboots. “O, jou hemp sê ‘Jesus Christus’ in dieselfde lettertipe as Coca-Cola. Ek is dors vir 'n Coke, so ek moet ook dors wees na die Heilige Gees.”
  • Om met mense te stry oor hoekom hulle verkeerd is of verkeerd leef.
  • Loop in jou skool met uitgestrekte Jesus-hande en sê vir al jou vriende in 'n sagte, deernisvolle stem: "Kom, volg my."

 


Die geheim van om jou geloof te deel, is die volgende: dit is 'n gesprek, nie 'n aanbieding van inligting nie.


Dit gaan daaroor om ander mense se uitgangspunt te verstaan en hulle dan te help besef wat Jesus vir hulle gedoen het. Dit help hulle om te sien Hy stel belang in hulle lewens — wat hulle ook al op daardie oomblik deurmaak of voorheen deurgemaak het.


Jy kan begin deur te bid vir die mense wat God op jou hart plaas. Leef dit dan uit in jou eie lewe. Wanneer jy daardie dinge eerste doen, dan kan jy oop deure en geleenthede soek om God met ander te deel.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

How To Share Your Faith

Sal jy sê dat jy goed is daarmee om jou geloof met jou vriende te deel? Dit kan 'n skrikwekkende ding wees om te doen. As jy moed wil kry om jou geloof te deel en te leer hoe om dit te doen sonder om vreemd voor te kom, ...

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid