Leesplan inligting

Hoe Om Jou Geloof te DeelVoorbeeld

How To Share Your Faith

DAG 1 VAN 7

Self-Gesentreerd of Christus-Gesentreerd?


Leef jy vir jouself of leef jy jou lewe om God te behaag?


Eerlikwaar, beantwoord die vraag en wees eerlik.


Miskien kan hierdie jou help om dit beter te verstaan: self-gesentreerde mense wil al die aandag op hulle hê. Hulle gee meer om vir hulleself as vir ander. Hulle volg dít na wat hulle gelukkig maak.


Christus-gesentreerde mense gee aan God die heerlikheid en aandag. Hulle gee meer om om ander te help as om hulself te help. Hulle wil dinge doen wat hulle weet God gelukkig sal maak.


Self-gesentreerde mense deel nie. Dus, om jou geloof goed te deel moet jy Christus-gesentreerd word.


Dit is waar jy moet begin. Vra jouself: “Is ek self-gesentreerd of Christus-gesentreerd?”


Indien jy self-gesentreerd is, is jy bereid om te verander en Christus-gesentreerd te word? Beantwoord dit hardop op hierdie oomblik. Ja of nee? Sê dit.


Goed. Die res van die leesplan is vir diegene wat sê: “Ja, ek wil Christus-gesentreerd wees.”


Nou kan ons kyk wat dit behels om jou geloof te deel.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

How To Share Your Faith

Sal jy sê dat jy goed is daarmee om jou geloof met jou vriende te deel? Dit kan 'n skrikwekkende ding wees om te doen. As jy moed wil kry om jou geloof te deel en te leer hoe om dit te doen sonder om vreemd voor te kom, ...

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid