Leesplan inligting

Hoe Om Jou Geloof te DeelVoorbeeld

How To Share Your Faith

DAG 4 VAN 7

Stap 1: Weet Dit


Weet jy regtig wat jy glo en hoekom jy dit glo?


Het jy al ooit gehoor dat iemand die terme "evangelie" of “evangeliese boodskap” gebruik? Vandag se Skrifgedeelte uit Romeine noem dit. Miskien praat die vertaling wat jy gebruik van die "Goeie Nuus."


Wat beteken dit? Wat is jy veronderstel om te sê wanneer iemand jou uitvra oor die evangelie, of wat is goed omtrent die Goeie Nuus? Is jy veronderstel om daardie frase te gebruik wanneer jy probeer om jou geloof te deel?


Moenie bekommerd wees nie. Om jou geloof te deel, beteken nie jy moet sekere woorde gebruik nie. Dit is nie soveel wat jy weet nie as wat dit is oor wie jy ken nie. Jy sien, om 'n Christen te wees beteken om soos Christus te leef, en om soos Christus te leef moet ons weet hoe Hy geleef het.


As Christene, is dit belangrik om Jesus te ken en te verstaan wie Hy is, hoe Hy geleef het en wat Hy aan die kruis gedoen het.


As ons dit nie verstaan nie, kan ons dit nie leef nie.


Begin om te weet wát jy glo en hoekom jy dit glo sodat jy dit kan uitleef en kan deel met ander.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

How To Share Your Faith

Sal jy sê dat jy goed is daarmee om jou geloof met jou vriende te deel? Dit kan 'n skrikwekkende ding wees om te doen. As jy moed wil kry om jou geloof te deel en te leer hoe om dit te doen sonder om vreemd voor te kom, ...

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid