Leesplan inligting

Soek Skuiling: God se Hart Vir VlugtelingeVoorbeeld

Seeking Refuge: God's Heart For Refugees

DAG 7 VAN 7

Om As "Bywoner Of Vreemdeling" Te Leef


Wat is die eerste woord waaraan jy dink wanneer jy die woord "vreemdeling" hoor?


Vir baie is die antwoord “gevaar”. Natuurlik is daar goeie redes waarom ons klein kindertjies waarsku om vreemdelinge nie te vertrou nie, maar soms selfs as volwassenes — miskien selfs as 'n samelewing — is ons eerste reaksie om te vermoed dat van diegene wat anders as ons is 'n potensiële bedreiging kan wees.


Die Bybel vra vir 'n ander benadering tot vreemdelinge. Die Griekse woord vir gasvryheid, philoxenia, beteken letterlik “die liefde vir vreemdelinge”. Ons is geneig om aan gasvryheid te dink wanneer ons vriende vir ete nooi — maar solank dit ons vriende is wat ons onthaal, is dit nie opregte gasvryheid nie, ten minste in die oorspronklike sin van die woord.


Die Bybel belowe nooit dat ons by alle vreemdelinge veilig is nie, maar tog word ons herhaaldelik beveel om hulle lief te hê. Wanneer ons dit doen, is die voorstelling in die boek Hebreërs, dat ons dalk 'n engel verwelkom of huisves sonder dat ons dit besef. Diegene wat in ons samelewing veronderstel is om 'n bedreiging te wees, kan eintlik 'n seën wees.


'n Ander belangrike Bybelse stelling oor "vreemdelinge" is, dat as ons bely dat ons Jesus volg, ons vreemdelinge is. Paulus, Petrus en die skrywer van Hebreërs gebruik almal immigrasie as beeldspraak vir wat dit beteken om 'n Christen te wees. Ons primêre identiteit — wat ons trou aan ons land, ons stad, ons familie of enige ander entiteit vervang — is as burgers van die hemel, en dit beteken dat ons nooit ten volle op aarde behoort “te pas” nie.


Hoewel dit gepas is om dankbaar en lojaal aan ons land te wees, moet ons versigtig wees om nooit ten volle aan die kultuur om ons te voldoen nie, want ons uiteindelike tuiste is elders. Vlugtelinge — wat selfs terwyl hulle in 'n nuwe land integreer nog dikwels verlange in hul harte dra na die land wat hulle gedwing is om agter te laat — het baie om ons te leer oor wat dit beteken om Jesus te volg, deur te leef en die goeie van die land te soek terwyl ons altyd in ons harte bewus is van ons ware vaderland.


Vrae vir Nadenke:


1. Hoe kan die Bybelse opdrag tot gasvryheid — om vreemdelinge lief te hê — jou inlig oor hoe om te reageer op vlugtelinge wat in jou gemeenskap aankom?


2. As jou eerste trou aan God se koninkryk bo enige land op aarde is, hoe kan jou siening teenoor buitelanders anders wees as diegene wat nie Christene is nie?


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Seeking Refuge: God's Heart For Refugees

Die Bybel praat herhaaldelik met die hart van God ter wille van diegene wat vlugtelinge is — individue wat deur vervolging gedwing is om uit hul land van herkoms te vlug en in 'n nuwe land te gaan woon. Hierdie leesplan ...

More

Ons wil graag World Relief en Moody Publishers vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.worldrelief.org/seekingrefuge

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid