Leesplan inligting

Soek Skuiling: God se Hart Vir VlugtelingeVoorbeeld

Seeking Refuge: God's Heart For Refugees

DAG 5 VAN 7

“Gaan maak dissipels …”


Kort voor Jesus se hemelvaart, het Hy sy dissipels agtergelaat met 'n laaste opdrag: om dissipels van alle nasies te maak. Soos opgeteken in die boek Handelinge, maak Jesus dit duidelik dat hierdie opdrag beide plaaslike en wêreldwye implikasies het: alhoewel die kerk internasionale grense kan en moet oorsteek, moet ons ook die sendingopdrag in ons eie omgewing uitleef. Die aankoms van vlugtelinge in ons gemeenskap, bied 'n merkwaardige geleentheid om die sendingopdrag uit te leef.


Daardie geleentheid is nie toevallig nie: die Skrif maak dit duidelik dat God oppermagtig is om mense na 'n punt te laat beweeg: sodat diegene wat Hy liefhet en geskep het, hul weg in 'n verhouding met Hom sal vind. God het 'n oppermagtige doel met die migrasie van mense, en Hy nooi sy kerk uit om by Hom aan te sluit in daardie werk.


God is in verskeie rigtings aan die werk deur die migrasie van vlugtelinge en ander immigrante. Baie van diegene wat emigreer is reeds sterk gelowiges, en hulle het kragtige verteenwoordigers van sendingwerk geword wat die goeie nuus onder hul eie etniese gemeenskappe en ander deel.


Nie almal is Christene nie. Trouens, volgens een ontleding is daar meer mense binne die grense van die Verenigde State teenwoordig as in enige ander land behalwe Indië en China, wat onbereikbaar is — en baie van daardie individue kom as vlugtelinge aan. Terwyl ons vlugtelinge liefhet, bedien en hul saak bepleit, sal ons dikwels gevra word wat ons motiveer en ons kan mense na die hoop wys wat uit 'n verhouding voortspruit wat deur Jesus herskep is.


Hierdie geleentheid onderstreep die belangrikheid om die werklikhede van vlugtelinge en migrasie deur 'n Bybelse lens te ondersoek. 'n Onlangse opname van LifeWay Research dui daarop dat die meeste Amerikaanse evangeliese Christene hierdie geleentheid misloop: 'n minderheidstem het gesê dat die aankoms van vlugtelinge of ander immigrante 'n geleentheid bied om hulle aan Jesus Christus voor te stel.


Jesus het gesê: "die oes is groot, maar die arbeiders is min" daar is baie in ons gemeenskap wat Jesus nog nie ken nie, maar te min wat gereed is om Jesus se sendingopdrag plaaslik uit te voer.


Vrae vir Nadenke:


1. As jy aan die koms van vlugtelinge dink, Sien jy 'n geleentheid? Hoekom of hoekom nie?


2. Hoe kan jy vlugtelinge verwelkom en vriendelik met hulle wees op so 'n manier dat dit geleenthede kan bied om jou geloof met hulle te deel?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Seeking Refuge: God's Heart For Refugees

Die Bybel praat herhaaldelik met die hart van God ter wille van diegene wat vlugtelinge is — individue wat deur vervolging gedwing is om uit hul land van herkoms te vlug en in 'n nuwe land te gaan woon. Hierdie leesplan ...

More

Ons wil graag World Relief en Moody Publishers vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.worldrelief.org/seekingrefuge

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid