Leesplan inligting

Soek Skuiling: God se Hart Vir VlugtelingeVoorbeeld

Seeking Refuge: God's Heart For Refugees

DAG 1 VAN 7

Op 'n Wonderbaarlike Wyse Geskape


Ons is geneig om na vlugtelinge en ander immigrasiekwessies te kyk deur die lens van wat ons op televisie sien, op die radio hoor of wat op sosiale media gedeel word. As ons egter die Woord van God as die gesag vir ons lewens beskou, moet ons ook oor vlugtelinge as 'n Bybelse kwessie dink, want die Bybel spreek herhaaldelik tot die hart van God ter wille van vlugtelinge en ander kwesbare vreemdelinge. Trouens, die Hebreeuse woord vir 'n "inwonende vreemdeling" — ger — verskyn 92 keer net in die Ou Testament. Ons sal hierdie week na verskeie van daardie gedeeltes kyk, met spesifieke instruksies van God aan sy volk hoe om "die vreemdeling by julle" te behandel.


Selfs voordat ons enige spesifieke Bybelse opdragte teëkom oor hoe om die vlugteling of ander vreemdelinge te behandel, vind ons dat elke mens — vlugtelinge beslis ingesluit — as die beeld van God deur God self geskep is.


Dit is omdat elke mens (ongeag etnisiteit, geslag, wetlike status, gestremdheid of enige ander kwalifiseerder) “op 'n wonderbaarlike wyse geskep” is deur God die Skepper en dat elkeen in wese waardigheid het. Ons waardeer en beskerm menselewe omdat ons glo dat dit vir God kosbaar is. Daardie toewyding aan die lewe dwing ons om alles te doen wat ons kan om skuiling en beskerming aan vlugtelinge te bied, wat in baie gevalle gedwing is om vir die behoud van hul lewens te vlug.


Dat elke persoon as die gelykenis van God die Skepper geskape is, dui ook daarop dat mense merkwaardige kreatiewe potensiaal het. Neem Sergey Brin, as voorbeeld: as 'n sesjarige het hy en sy gesin diskriminasie ontvlug uit die voormalige Sowjet Unie en as vlugtelinge na die Verenigde State gegaan. Deur sy Godgewende kreatiwiteit, het hy voortgegaan as mede-stigter van Google, wat nou een van die wêreld se winsgewendste maatskappye is, wat middele verskaf wat die meeste van ons op 'n baie gereelde basis gebruik en baie mense in die proses in diens neem.


As veerkragtige en vindingryke mense wat as die beeld van hul Skepper geskape is, het vlugtelinge 'n merkwaardige vermoë om bydraes te lewer, en ons ontken die beeld van God in hulle wanneer ons van hulle (of enigiemand) bloot as 'n las praat.


Vrae vir Nadenke:


1. Wat was die primêre invloed wat bepaal het hoe jy oor vlugtelinge dink? Het jy al ooit gewonder wat die Bybel oor hierdie onderwerp sê?


2. Hoe bepaal die stelling dat vlugtelinge as God se beeld geskep is hoe jy oor hulle dink en reageer?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Seeking Refuge: God's Heart For Refugees

Die Bybel praat herhaaldelik met die hart van God ter wille van diegene wat vlugtelinge is — individue wat deur vervolging gedwing is om uit hul land van herkoms te vlug en in 'n nuwe land te gaan woon. Hierdie leesplan ...

More

Ons wil graag World Relief en Moody Publishers vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.worldrelief.org/seekingrefuge

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid