Leesplan inligting

Die Bybel is lewendigVoorbeeld

Die Bybel is lewendig

DAG 7 VAN 7

Die Bybel Verander Alles

Stel jou voor alles is donker en vormloos totdat God die woorde: "Laat daar lig wees" uitasem. Oombliklik het alles verander. Die lig het die duisternis oorweldig en wat eenmaal onsigbaar was, kon nou duidelik gesien word. Slegs een woord van God het alles verander … maar dit het nie daar opgehou nie.

Dieselfde God wat lewe in die heelal geblaas het, gaan voort om deur die krag van sy Woord, nuwe lewe in die wêreld te blaas. Die Woord van God hou aan om deur die donkerte te dring, lewens te herskep en gebroke harte te vernuwe. Die Woord van God is lewendig en aktief omdat Hy lewend en aktief is. Ons het ook voortdurende toegang tot sy Woord.

Hoe meer ons die Bybel bestudeer, hoe meer ontdek ons dat God wil hê elkeen in die wêreld moet in 'n persoonlike, aktiewe en herstelde verhouding met Hom wees.

Die Woord van God sal voortgaan om die duisternis te deurdring, ongeag voor watter beproewinge of swaarkry ons te staan kom. Sy woorde sal voortgaan om mense soos Ghana, Diya, die Popolukaanse volk, Samuel Ajayi Crowther en William Tyndale te herskep. Sy woorde het ook die krag om jou te verander.

Kom dus 'n rukkie tot stilstand en dink oor jou verhaal. Hoe het die Woord van God jou herskep? Op watter maniere kan God nou die Skrif in jou lewe lewendig maak?

Vier wat God tot dusver in jou lewe gedoen het en dink na oor wat Hy in die wêreld om jou doen.

Kies om op die pad vorentoe deel te neem aan die verhaal wat God vertel. Dit is 'n verhaal wat begin het toe Hy lewe in die wêreld geblaas het en sal voortduur tot die dag wat Jesus terugkeer — 'n verhaal wat verder as die geskiedenis strek en die wêreld gedurig herskep.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Die Bybel is lewendig

Sedert die begin van alle tye, het die Woord van God die harte en denke van mense aktief herstel — en God is nog nie klaar nie. Kom ons vier die lewensveranderende krag van die Skrif in hierdie 7-dag leesplan deur van na...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid