Leesplan inligting

Die Bybel is lewendigVoorbeeld

Die Bybel is lewendig

DAG 2 VAN 7

Die Bybel Kan Nie Gekeer Word Nie


Gedurende die 1500's het Bybels nie in die meeste tale bestaan nie. Slegs hoogs-opgevoede of ryk mense kon dit in Hebreeus, Grieks of Latyn bestudeer.


'n Geleerde, William Tyndale, was egter oortuig dat almal toegang tot die Skrif verdien het. Dus het hy begin om die Bybel in sy taal, Engels, te vertaal.


Baie owerhede was gekant teen die idee en oortuigings van Tyndale, wat dus die land uitgevlug en later sy Nuwe Testamente Engeland binne gesmokkel het. Oor die bestek van nege jaar, het Tyndale arrestasie vermy terwyl hy aan die eerste Engelse vertaling van die Bybel gewerk het. Hy is egter uiteindelik gevange geneem, van kettery veroordeel en het op 'n brandstapel gesterf.  


Wanneer God egter by iets betrokke is — kan niemand Hom keer nie. 


Tyndale se opoffering het egter 'n ondergrondse beweging begin wat op verandering aangedring het. Na byna 100 jaar was daar verandering. Uiteindelik het die King James Bybel die lig in Engels gesien — 'n weergawe wat baie van Tyndale se werk in die aanvanklike vrystelling gebruik het.  


Mettertyd het die Bybel tot 'n transformasie in Engeland gelei. Herlewings en ontwakings het plaasgevind, sendingbewegings is gebore en organisasies wat hulle beywer het vir Bybelvertaling, is gestig. Die Skrif het 'n volk laat herleef — tog het die herlewing begin toe vroeë Engelse vertalers geglo het dat almal toegang tot die Woord van God moet hê … en iets daaraan gedoen het.


Hoe word jy deur die moed van vroeë Bybelvertalers geïnspireer? 


Dink sommer nou na oor dit waardeur Tyndale gegaan het en vra dan vir God wat jy kan doen om die Skrif met diegene om jou te deel. Dalk is dit om 'n versie vir iemand te stuur of miskien is dit om 'n donasie aan 'n Bybelvertalingsprojek te gee. 


Wat dit ook al is, dink daaraan hoe anders jou lewe sou wees as jy nie toegang tot die Woord van God gehad het nie en wees dan die een verantwoordelik vir verandering in iemand se lewe.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die Bybel is lewendig

Sedert die begin van alle tye, het die Woord van God die harte en denke van mense aktief herstel — en God is nog nie klaar nie. Kom ons vier die lewensveranderende krag van die Skrif in hierdie 7-dag leesplan deur van na...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid