Leesplan inligting

Die Bybel is lewendigVoorbeeld

Die Bybel is lewendig

DAG 4 VAN 7

Die Bybel Bemagtig Ons


Verbeel jou jy stel jouself bekend aan iemand van 'n ander land deur hulle te vertel jy behoort aan 'n volksgroep wie se naam "brabbelaars" beteken. Dit is wat die naam "popoluca" beteken en word dikwels geassosieer met die inheemse volke en tale van Veracruz en Oaxaca, Mexiko. 


Trouens, vandag nog word "Popolukaans" gebruik om die byna 35 500 mense te beskryf wat in daardie streek woon en die taal praat. Die mense wat hierdie taal praat, noem dit egter "Nuntajɨ̱yi" — "die Reguit Spraak". 


Alhoewel Nuntajɨ̱yi miskien vir sommige onbeduidend voorkom, weet diegene wat nou die Nuwe Testament in hul eie taal kan lees of daarna luister, dat dit saak maak vir die Een wat dit geskep het. Carolina is een van hierdie mense. As die kleindogter van die vertaler van die Popolukaanse Nuwe Testament, is Carolina ook die eerste Popolukaanse vrou wat by 'n universiteit gegradueer het. Sy het besluit om haar lewe daaraan te wy om die Woord van God in haar taal met ander te deel en lei tans 'n span wat 50 psalms vertaal.


"Wanneer ons die Bybel in Spaans lees, voel dit soos 'n vermorsing van energie. Wanneer ons dit egter in ons eie taal hoor, gaan dit reguit na ons harte toe. Dit raak ons harte aan — dit beweeg ons — omdat ons dit werklik kan verstaan."


Carolina is 'n aktiewe lid van die YouVersion gemeenskap en sy gebruik ook YouVersion gereeld om die Woord van God te bestudeer en in Nuntajɨ̱yi te vertaal. 


"Ons is baie bly dat julle ons woorde in julle toep opgeneem het, want nou is ons taal op enige plek sigbaar en ons sien ons taal is gelyk aan ander tale. Daar word so dikwels op ons taal neergesien asof dit van geen waarde is nie, maar in hierdie toep kan ons sien ons taal is hooggewaardeer."


Staan vandag 'n oomblik af om God te dank dat jy 'n Bybel in jou eie taal het. Dank God vir Carolina en duisende ander Bybelvertalers wat vandag regoor die wêreld werk. Te danke aan hul getrouheid en passie, word die Woord van God steeds deur elke wêrelddeel versprei en herskep dit die identiteite van die mense wat dit hoor en verstaan.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Die Bybel is lewendig

Sedert die begin van alle tye, het die Woord van God die harte en denke van mense aktief herstel — en God is nog nie klaar nie. Kom ons vier die lewensveranderende krag van die Skrif in hierdie 7-dag leesplan deur van na...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid