Leesplan inligting

Die Bybel is lewendigVoorbeeld

Die Bybel is lewendig

DAG 6 VAN 7

Die Bybel Bring Hoop


Aanvanklik was *Ghana 'n toegewyde Moslem totdat sy in 2016 die lewensveranderende krag van Jesus ontdek het. Na haar bekering tot die Christendom, het haar gemeenskap en gesin egter hulle rug op haar gekeer, haar vermy en haar uitgesluit. Op een stadium is selfs haar kinders van haar weggeneem en na 'n ander land gestuur.


Alhoewel Ghana geweier het om van Jesus afstand te doen, het sy haar sonder 'n ondersteuningstelsel bevind wat haar kon help om in haar geloof te groei. In haar eensaamheid en depressie, het sy oorweeg om selfdood te pleeg. Uiteindelik het sy egter iemand ontmoet wat YouVersion op haar selfoon geïnstalleer het. 


Ghana was nie aanvanklik geïnteresseerd nie, maar later het sy die Vers-van-die-dag teen dagbreek begin lees sodat sy die betekenis daarvan kon oordink en dit as 'n riglyn vir die dag kon gebruik. Mettertyd het iets onverwags gebeur … 


"Die verse het lewendig geword en binne my gebly. Ek het geleer hoe om mense op gesonde maniere te hanteer en die verse het my gehelp om van my depressie te herstel. Alhoewel ek verstote was, was dit elke keer 'n vertroosting wanneer ek dit gelees het. Deur die Vers-van-die-dag te lees, kon ek ook voel hoe dit my help en weer hoop gee. Dis asof God direk met my deur die verse praat."


Ghana is nou op die uitkyk na geleenthede om die Vers-van-die-dag oral waarheen sy gaan te deel. Sy plaas verse aanlyn om haar gemeenskap te bemoedig en by die werk praat sy oor die Skrif met haar medewerkers en kliënte. 


Haar verhaal is maar net een voorbeeld van wat die Woord van God in ons almal kan doen. Omstandighede mag verander, emosies mag wissel, mense mag ons teleurstel of verlaat — maar die Woord van God duur vir ewig. As gevolg daarvan, kan ons vrede en hoop ervaar wat alle omstandighede te bowe gaan. As ons die Woord van God in ons harte toelaat, sal dit daar bly.  


Vra vandag vir God om sy Woord in jou lewendig te maak deur hierdie gebed te bid: 


Vader, U het my geskep en U ken my. Net U het die krag om my lewe te herskep. Ek vra dus vandag dat U my lewe in ooreenstemming met u Woord sal bring. Gee my die moed om aan u Woord getrou te bly, ongeag waarvoor ek te staan kom, sodat ek u waarheid en liefde kan verklaar aan die mense wat U in my lewe plaas. Laat die wortels van my geloof diep groei terwyl ek tot U nader. In die Naam van Jesus, amen.


*Haar naam is verander om haar identiteit te beskerm.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Die Bybel is lewendig

Sedert die begin van alle tye, het die Woord van God die harte en denke van mense aktief herstel — en God is nog nie klaar nie. Kom ons vier die lewensveranderende krag van die Skrif in hierdie 7-dag leesplan deur van na...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid