Leesplan inligting

In Afwagting van Kersfees: 'n 5-dag Advent LeesplanVoorbeeld

Anticipating Christmas: A 5-Day Advent Plan

DAG 5 VAN 5

Die Grootste Geskenk van Almal


Verbeel jou vir 'n oomblik hoe jou lewe sou wees as God nooit sy Seun aarde toe gestuur het nie. Dink hoe dit sou voel om sonder die belofte van 'n ewige lewe te bestaan, of 'n verbondenheid met God. Oorweeg hoe dit jou verhoudinge, selfbewussyn en visie vir die toekoms sou beïnvloed. 



As gevolg van die belofte van Kersfees, sal dit nooit 'n werklikheid wees nie. 



Jesus se geboorte was 'n fisiese uitdrukking van God se oorvloedige liefde vir die mensdom. Ons hoef nooit die lewe sonder ons Verlosser te ervaar nie, want God het sy Seun gestuur om met ons te wees.



Hoe moeilik of besig hierdie Kerstyd ook al mag wees, nooi ons jou uit om 'n vars uitstorting van God se liefde te ervaar. Gebruik 'n oomblik om na te dink oor wat Jesus se geboorte vir jou beteken. Wanneer jy gereed is, bid die gebed hieronder.



'n Gebed vir Liefde:



Hemelse Vader, 



baie dankie dat U my so liefgehad het, dat U u Seun vir my gegee het, nog voor ek U liefgehad het.



Dis deur u genadige, standvastige liefde dat ek in staat is om te verstaan hoekom Kersfees regtig saak maak. 



Herinner my in die dae voor Kersfees, om na te dink oor die geskenk van u Seun. 



Herskep my sodat ek iemand kan wees wat ander net so liefhet soos U my liefhet. 



Wys my asseblief hoe om altyd in u liefde te wandel; die volmaakte liefde wat vrees verdryf.



Here, ek is lief vir U.



In die Naam van Jesus.



Amen.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Anticipating Christmas: A 5-Day Advent Plan

So dikwels is die somervakansie verby voordat ons 'n kans gehad het om daarop te fokus om ons harte vir Kersfees voor te berei. Advent is die manier waarop ons in herinnering roep dat God gekom het om by ons te wees, nog...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid