Leesplan inligting

In Afwagting van Kersfees: 'n 5-dag Advent LeesplanVoorbeeld

Anticipating Christmas: A 5-Day Advent Plan

DAG 3 VAN 5

Die Belofte van Vrede


"Maar die engel het hulle gerusgestel: 'Moenie bang wees nie!' het hy gesê. 'Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou! Die Verlosser – ja, die Messias, die Here – is vannag in Betlehem, die tuisdorp van Dawid, gebore!'" Lukas 2:10-11 NLV



Die frase "moenie bang wees nie", word vyf keer aangehaal in die vier kort hoofstukke waar die Kersverhaal in die Bybel vertel word. 



Die tydperk tydens Jesus se geboorte was alles behalwe vredevol. Daar was spanning in Maria en Josef se verhouding. Daar was politieke onrus. Daar was 'n gebroke wêreld wat dringend 'n Redder nodig gehad het. Klink dit bekend? 



Jesus se geboorte was een van die belangrikste stappe in God se plan om die wêreld te verlos. Jesus se koms was 'n baken van hoop. Dit was die begin van 'n tydperk wat 'n baie donker, desperate einde kon gehad het. 



God het sy Seun gestuur, want Hy wil hê dat ons sy volmaakte vrede ervaar. Kom nou op hierdie oomblik tot stilstand en dink na oor die gedeeltes in jou lewe waar jy God kan vra om jou hart rustig te maak, net soos Hy vir Maria, Josef en die skaapwagters jare gelede gedoen het. 



'n Gebed vir Vrede:


Hemelse Vader, 



dankie dat U u Seun, die Vredevors, vir ons gestuur het.



Bewaak my hart en gedagtes gedurende hierdie Kersfees met u vrede. U weet van al die dinge wat my hart met bekommernis, angs en vrees gevul het.



Help my om my gedagtes op U te rig en die tasbare teenwoordigheid van u liefde te erken. 



Dankie dat U vir my omgee en die stryd saam met my stry. U gee my nooit 'n gees van vrees nie, maar U bring lewe en vrede.



Help my om my vrese na U te bring en U in hierdie Kerstyd met my hele hart te vertrou.



In die Naam van Jesus. 



Amen.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Anticipating Christmas: A 5-Day Advent Plan

So dikwels is die somervakansie verby voordat ons 'n kans gehad het om daarop te fokus om ons harte vir Kersfees voor te berei. Advent is die manier waarop ons in herinnering roep dat God gekom het om by ons te wees, nog...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid