Leesplan inligting

In Afwagting van Kersfees: 'n 5-dag Advent LeesplanVoorbeeld

Anticipating Christmas: A 5-Day Advent Plan

DAG 1 VAN 5

In Afwagting van Kersfees


"Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors" Jesaja 9:5.



Waarvoor is jy hierdie Kersfees op die uitkyk? Dalk is jy besig om 'n moeilike besluit te neem en het jy 'n Wonderbare Raadsman nodig. Miskien voel jy dat jy nie meer kan voortgaan nie, en soek jy 'n Magtige God. Of dit is nie vir jou moontlik om hierdie Kersfees saam met jou familie deur te bring nie, en benodig jy 'n Ewige Vader. Jou gedagtes is dalk in 'n warboel en jy smag na die Vredevors. 



So dikwels is die somervakansie verby voordat ons 'n kans gehad het om op die ware rede vir Kersfees te fokus … maar dit hoef nie so te wees nie. 



Advent is 'n tydperk van afwagting en oordenking wat Kersfees voorafgaan. In die oorspronklike Latyn beteken Advent belangrike aankoms, naderkom, of koms. Dis 'n tyd wat gekenmerk word deur herinnering oor alles wat God gedoen het en afwagting vir alles wat Hy nog gaan doen. 



Advent is ons manier waarop ons in herinnering roep dat God gekom het om by ons te wees, nog steeds by ons is, en weer sal kom. Ons het toegang tot God se magtige, ewige raad en vrede, omdat Hy sy Seun gestuur het om Immanuel, "God met ons" te word. Ons wag in biddende afwagting vir die wederkoms van ons Verlosser, net soos die Israeliete in afwagting was vir die vervulling van die Ou Testamentiese profesieë oor die Messias. 



Ons hoop dat hierdie leesplan jou sal help om op die ware betekenis van Kersfees te fokus. Ons sal elke dag een van die kenmerkende temas van Advent bestudeer: hoop, vrede, vreugde en liefde. 



Kom berei jou hart saam met ons voor vir die naderende koms van ons Verlosser.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Anticipating Christmas: A 5-Day Advent Plan

So dikwels is die somervakansie verby voordat ons 'n kans gehad het om daarop te fokus om ons harte vir Kersfees voor te berei. Advent is die manier waarop ons in herinnering roep dat God gekom het om by ons te wees, nog...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid