Leesplan inligting

In Afwagting van Kersfees: 'n 5-dag Advent LeesplanVoorbeeld

Anticipating Christmas: A 5-Day Advent Plan

DAG 4 VAN 5

Die Vreugde wat in die Vooruitsig is


"Toe die sterrekykers sien die ster is daar, was hulle baie bly. Hulle het in die huis ingegaan, en daar het hulle die Kindjie by Maria, sy ma, gesien. Toe het hulle gebuig en voor Hom gekniel en Hom aanbid" Matteus 2:10-11a ABA.



Vreugde: die lofwaardige versekering dat God in beheer is en alles tot sy eer en vir ons ten goede laat meewerk.



Dit kan nogal moeilik wees om vreugde te ervaar in die tyd wat Kersfees vooruitgaan. Die vakansie kan spanningsvol, deurmekaar, alleen of pynlik wees. 



Die vreugde wat Jesus se koms verteenwoordig, is nie van verbygaande aard of voorwaardelik nie. Dis ewigdurend en onwankelbaar. Dis 'n vreugde wat nie van hierdie wêreld is nie.



Jesus se geboorte was nie die koninklike koms wat almal verwag het nie. En tog het dit alles kom verander. In 'n oogwink het God se Seun "God met ons" geword — en meer as 2 000 jaar later juig ons moeë wêreld nog steeds.



Ons nooi jou vandag uit om jou te verbly in die wonder van Jesus se geboorte. 



'n Gebed van vreugde:


Jesus, 



dankie dat U Immanuel, God met ons geword het. Dis as gevolg van U dat ek ware vreugde kan ervaar.



U is al die heerlikheid, eer en krag waardig — en ongeag wat ek in die gesig staar, sal ek kies om U te aanbid.



Help my om dit 'n vreugde te ag as ek moeilike tye ondervind, want ek weet U is besig om iets moois en ewig te skep.



Hemelse Vader, herinner my om by U skuiling te vind en bly te wees. U troos gee my hernude hoop en blydskap. In u teenwoordigheid is daar volkome vreugde! 



En as gevolg van u nederige koms, meer as 2 000 jaar gelede, is ek in staat om die vreugde van u teenwoordigheid vir altyd te ervaar. Baie dankie.



In die Naam van Jesus. 



Amen.



Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Anticipating Christmas: A 5-Day Advent Plan

So dikwels is die somervakansie verby voordat ons 'n kans gehad het om daarop te fokus om ons harte vir Kersfees voor te berei. Advent is die manier waarop ons in herinnering roep dat God gekom het om by ons te wees, nog...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid