Leesplan inligting

Hier Is Ek, HereVoorbeeld

Hier Is Ek, Here

DAG 3 VAN 12

GEE ’N TREE NA HOM TOE


Soms behels die draai-na-God-toe net ’n enkele tree. Dié wat glad nie in God glo nie, kan dalk net hul ongeloof begin betwyfel. Dié wat wel glo, maar God oënskynlik nie nodig het nie, kan dalk hul behoefte besef. Dié wat ’n behoefte na God het, kan na Hom begin soek. Dié wat God soek, sal Hom beslis vind! Dié wat God gevind het, sal begin leer wat dit is om met Hom te lewe – en dié wat saam met God leef, sal geestelik groei en volwasse word in Hom.


Elkeen kan een tree nader aan God gee, waar hy of sy ook al is. Die vraag is dus dít: Waar staan jy tans teenoor die Here? Nog belangriker: Wat is jou volgende stap na Hom toe? Tree tog na God toe – Hy sal jou dadelik tegemoet kom! Sy uitnodiging is onvoorwaardelik.


Here, ek wil na U toe kom. Help my om die volgende stap te neem. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Hier Is Ek, Here

Geestelike groei is ’n lewenslange reis. Dit gaan op en af. Ons staan, val en staan dan weer op. Maar ons lewe in God móét verander: ons gedagtes, waardes en houdings, ons woorde en dade. As jy gereed is ten beste lte ew...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid