Leesplan inligting

Hier Is Ek, HereVoorbeeld

Hier Is Ek, Here

DAG 12 VAN 12

GELOOF GLO IEMAND


Geloof is ’n reaksie op God. Soms wil ons ons geloof op iets fokus: dat iets spesifieks gaan gebeur, dat die Here gaan ingryp, dat ons gered is of so meer. Ander kere sien ons geloof weer as sekere waarhede of dogmas wat ons verstandelik moet aanvaar. Hierdie dinge is wel deel van die saak, maar die wese van Bybelse geloof gaan nie oor iets nie, maar oor Iemand. Geloof vertrou Iemand, ’n Persoon: Jesus Christus! Omdat ons Hóm uit die Woord leer ken het, vertrou ons Hom. Ons weet Hy is regverdig en genadig, betroubaar. Daarom vestig ons ons hoop en verwagting op Hom. Dís geloof!


Omdat ons Iemand glo, is geloof altyd ’n verhouding. Dit gebeur immers tussen twee persone: ek en die Here. Geloof sonder verhouding is eintlik geen geloof nie. Groei eerder in verhouding met Hom. Dan sal jy sien hoe jou geloof ook groei!


Here Jesus, dankie vir die voorreg van ’n verhouding met U. In hierdie verhouding vind ek alles wat ek ooit nodig sal hê! Amen.




Hierdie oordenkings is saamgestel uit HIER IS EK, HERE deur Jimi le Roux © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Hier Is Ek, Here

Geestelike groei is ’n lewenslange reis. Dit gaan op en af. Ons staan, val en staan dan weer op. Maar ons lewe in God móét verander: ons gedagtes, waardes en houdings, ons woorde en dade. As jy gereed is ten beste lte ew...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid