Leesplan inligting

Hier Is Ek, HereVoorbeeld

Hier Is Ek, Here

DAG 5 VAN 12

MOENIE HARDER PROBEER NIE


Nikodemus is verbaas om te hoor dat die mens nie sy eie geestelike vorming kan bewerk nie. Ons natuurlike benadering tot godsdiens is immers om harder te probeer: om vromer, beter, “geesteliker” te probeer wees.


Dis egter presies die teenoorgestelde as wat Jesus bedoel. Jesus beklemtoon dat die Heilige Gees verantwoordelik sal wees vir ons transformasie. Die Gees sal soos ’n moeder geboorte gee aan die nuwe lewe in ons. As die Gees oor ons waai, net soos by die skepping reg aan die begin, sal die nuwe lewe uitspruit.


Hoe dit werk, kan ons nie verstaan nie, sê Jesus, maar ons hoef ook nie. Jy kan nie die wind sien nie, maar jy kan sy effek sien. So werk God ook. Trouens, ons definieer geestelike vorming as dit wat God in ons lewe doen, deur sy Heilige Gees, om ons meer soos Jesus Christus te maak. Die effek van God in jou lewe sal vir elkeen duidelik wees!


Heilige Gees, ek gee my aan U oor. Waai deur my lewe, doen u werk. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Hier Is Ek, Here

Geestelike groei is ’n lewenslange reis. Dit gaan op en af. Ons staan, val en staan dan weer op. Maar ons lewe in God móét verander: ons gedagtes, waardes en houdings, ons woorde en dade. As jy gereed is ten beste lte ew...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid