Leesplan inligting

Hier Is Ek, HereVoorbeeld

Hier Is Ek, Here

DAG 8 VAN 12

NEDERIGHEID EN GENADE


Dis goed dat ons diep gaan met die geestelike lewe. Deur die Woord en gebed bou ons ’n verhouding met God en deur ons gawes word ons diensbaar. Ons moet egter verstaan dat ons groei nie oor vreugdelose of wettiese godsdienstigheid gaan nie. Reëls en regulasies en allerhande kunsmatigheid lei net tot hoogmoed.


Geestelike groei gaan eerder oor groter en groter insig in God se genade. Soos ons groei, besef ons hoe vleeslik ons nog is, hoe diep die eie-ek nog wegkruip. Ons besef hoe arrogant ons steeds is, hoe selfgesentreerd en liefdeloos – dat ons niks het om self by te dra nie. Ons besef dat God aan die werk is, nie ons nie! Ons besef dat ons slegs deur genade God se kinders is, sy geliefdes en geseëndes. Die besef van God se genade verlos ons van self-probeer en bring vreugde en dankbaarheid. Dit verseker dat ons nooit op iemand neersien nie, dat ons onvoorwaardelik kan liefhê.


Streef jy na nederigheid? Verstaan God se genade!


Hemelse Vader, help my om my vleeslikheid, selfgesentreerdheid en hoogmoedigheid raak te sien. Help my ook om u genade raak te sien! Amen.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Hier Is Ek, Here

Geestelike groei is ’n lewenslange reis. Dit gaan op en af. Ons staan, val en staan dan weer op. Maar ons lewe in God móét verander: ons gedagtes, waardes en houdings, ons woorde en dade. As jy gereed is ten beste lte ew...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid