Leesplan inligting

Oomblikke Van InspirasieVoorbeeld

Oomblikke Van Inspirasie

DAG 6 VAN 10

HEDENDAAGSE SAMELEWING 


Hoe raak die samelewing my? 


Die weer beïnvloed jou elke dag. Hoe koud of warm dit word, of dit gaan reën en verskeie ander faktore beïnvloed wat jy beplan om te doen en selfs wat jy gaan aantrek. Die weer kan selfs jou gesindheid raak. As dit grou en grys is, voel jy dalk depressief en moeg. As dit ’n heerlike sonskyndag is, voel jy dalk energiek en vol vreugde. Jy pas dalk by die weer aan sonder om regtig daaroor na te dink. Net so raak die hedendaagse samelewing jou baie meer as wat jy besef. Dit het ’n impak op bykans alles wat jy doen. 


Die samelewing speel ’n subtiele maar belangrike rol om jou waardes, oortuigings en optrede te beïnvloed. Die samelewing waarin jy leef, plaas druk op jou om in te pas en daag jou geloofstelsel uit. Dit kan dus gebeur dat jy, sonder dat jy dit besef, keuses maak wat God teleurstel. 


As jy wil doen wat God van jou vra, moet jy weet wat sy wil is deur sy Woord te lees. Jou lewe kan heeltemal verander word wanneer God jou help om jou perspektief op die wêreld aan te pas en te verander hoe jy dink oor die samelewing en hoe jy daarop reageer.


Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie! ’n Mens steek ook nie ’n lamp op en maak dit onder ’n emmer toe nie. Inteendeel! Jy sit dit bo-op ’n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die huis. Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ’n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys! (Matteus 5:14-16)

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Oomblikke Van Inspirasie

Op enige tydstip in jou lewe kan jy jou in ’n uitdagende situasie bevind – van spanning by die werk en huishoudelike uitdagings tot finansiële probleme. Ware moed spruit egter uit die wete dat God groter is as jou groots...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid