Leesplan inligting

Oomblikke Van InspirasieVoorbeeld

Oomblikke Van Inspirasie

DAG 1 VAN 10

MOED IN MOEILIKE TYE 


Hoe kan ek die moed vind om die regte ding te doen? Hoe kan ek die moed vind om aan te gaan wanneer die lewe te moeilik voel? 


Op enige tydstip in jou lewe kan jy jou in ’n uitdagende situasie bevind: lewensgevaarlike situasies, baie spanning, ernstige siekte, finansiële probleme. Ware moed spruit uit die wete dat God groter is as jou grootste probleem of vyand, en dat Hy wil hê jy moet sy krag in sulke omstandighede gebruik. Moed is gebruik nie om staat te maak op jou eie krag nie; dit is om staat te maak op God se krag. 


Vrees ontstaan wanneer dit voel of jy alleen teen ’n oormag veg. ’n Mens kry moed as jy weet God is by jou en veg saam met jou. As jy meer moed wil hê, fokus meer op God se krag en minder op jou probleem.


My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees. Moenie bang of huiwerig wees nie. Die Here jou God is saam met jou oral waar jy gaan. (Josua 1:9)




Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Oomblikke Van Inspirasie

Op enige tydstip in jou lewe kan jy jou in ’n uitdagende situasie bevind – van spanning by die werk en huishoudelike uitdagings tot finansiële probleme. Ware moed spruit egter uit die wete dat God groter is as jou groots...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid