Leesplan inligting

Oomblikke Van InspirasieVoorbeeld

Oomblikke Van Inspirasie

DAG 10 VAN 10

VERNUWING 


My lewe is ’n gemors en dit voel vir my of ek oor moet begin. Hoe kan ek vernuwing ervaar? 


Ons stel onsself so dikwels teleur. Ons het sulke hoë verwagtinge en goeie voornemens, maar as ons ons kom kry, is ons moeg en moedeloos van die laste van die lewe, of die gevolge van slegte besluite en sonde. Die lewe laat ons dikwels uitgeput, nie net fisiek nie, maar tot in ons siel. As ons net oor kon begin! Soveel van ons het vernuwing broodnodig. Vernuwing begin met God se medelye en ’n hart wat gereed is vir verandering. As die twee bymekaarkom, kry jy ’n nuwe begin. 


God sê Hy sal enige hart wat ’n nuwe begin nodig het, herstel. Daardie nuwe begin met die opregte begeerte om weg te draai van alles wat jou afgetrek het, terug na God toe. Sê vir God dankie dat sy vergifnis nie afhang van die omvang van jou sonde nie, maar van die omvang van sy liefde. Geen sonde is te groot vir God se volkome, onvoorwaardelike liefde nie.


Iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier! (2 Korintiërs 5:17)




Hierdie oordenkings is saamgestel uit OOMBLIKKE VAN INSPIRASIE © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Oomblikke Van Inspirasie

Op enige tydstip in jou lewe kan jy jou in ’n uitdagende situasie bevind – van spanning by die werk en huishoudelike uitdagings tot finansiële probleme. Ware moed spruit egter uit die wete dat God groter is as jou groots...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid