Leesplan inligting

Oomblikke Van InspirasieVoorbeeld

Oomblikke Van Inspirasie

DAG 4 VAN 10

UITBRANDING 


Daar is soveel dinge wat gedoen moet word, en te min ure in die dag. Waar kry ek ekstra krag wanneer dit voel of ek heeltemal uitgeput is? 


Uitbranding is totale uitputting wat deur spanning veroorsaak is. Ons almal beleef tye wanneer ons emosioneel, verstandelik, fisiek en geestelik getap voel. In ons hoëoktaan-, 24/7-lewe is dit nie snaaks dat ons uitgeput word nie. Ons moet vir ons fisieke liggaam sorg deur reg te eet, te oefen en genoeg rus te kry, anders kan ons nie effektief funksioneer nie. 


Een van die beste maniere om uitbranding teen te werk, is om tyd te maak vir stilwees by God. Wanneer ons skedules so vol is, is tyd by God is dikwels die eerste ding wat in die slag bly. Wanneer ons stil word by Hom, kan ons herlaai deur in te skakel op sy krag, vrede, beskerming en liefde. Sit tyd opsy om sy Woord te lees, asook ’n goeie boek wat jou geestelik uitdaag. Wanneer jy op God se prioriteite fokus, sal jou eie prioriteite duideliker word.


Die Here is my herder; daar is niks wat my ontbreek nie. Hy laat my lê in groen weivelde; na water waar rus is, lei Hy my. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die pad van geregtigheid tot eer van sy Naam. (Psalm 23:1-3)

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Oomblikke Van Inspirasie

Op enige tydstip in jou lewe kan jy jou in ’n uitdagende situasie bevind – van spanning by die werk en huishoudelike uitdagings tot finansiële probleme. Ware moed spruit egter uit die wete dat God groter is as jou groots...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid