Leesplan inligting

Hoop Vir ’n Nuwe DagVoorbeeld

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

DAG 2 VAN 14

Hoop = ’n manier van kyk





“Wat die woestyn aantreklik maak, is dat daar iewers ’n fontein wegkruip. Maar die oog is blind. ’n Mens moet met die hart kyk.” So lees ek in die storieboek Die klein prinsie.


Ons het almal goed waarvoor ons hoop. My sussie hoop om pynverligting vir haar artritis te kry, my vriendin hoop om van kanker genees te word, ’n vriend van my hoop om sy besigheid te red. Duisende hoop vir ’n beter lewe. Vir ’n huis van sand en steen. Vir lopende water. En genoeg kos op die tafel …


Waarvoor hoop jy? 


Sit vandag sommer net met jou oë toe en dink aan al die dinge waarvoor jý hoop. Pak dit een-een voor jou Vader uit terwyl jy in jou geestesoog die prentjies sien, sou die hoop ’n werklikheid raak. Ja, probeer saam met Hom die fontein in jou woestyn sien. Dalk gee dít alleen vir jou ’n stukkie “dit-kán-hoop”.





Mag jy elke dag met hoop begin: Hoop wat weet dat God jou hart en sy versugtinge raaksien. Dat Hy jóú sien. En dat Hy jou kan help om jou lewe ánders te sien.





HERE, MAAK MY OË OOP VIR DIE HOOP WAT U GEE.




Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid