Leesplan inligting

Hoop Vir ’n Nuwe DagVoorbeeld

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

DAG 7 VAN 14

Wanhoop is nié die laaste woord nie!




Dit was ’n moedelose miserabele tyd: Die volk van God is weggevoer Baäl toe en moet onder die juk van die vyand – vêr weg van hul tuiste, Jerusalem – oorleef! Dis in hierdie omstandighede wat Jeremia aan die “verlore-voel-volk” skryf. Eers sê hy prontuit dat hulle moet aanvaar dat hulle ’n baie lang tyd in gevangeneskap gaan wees, maar sê hy, daar sal ook ’n dag kom wat God hulle weer met vreugde na Jerusalem toe sal laat terugkeer. 


Intussen, sê hy, moet hulle ook in die nóú leef. Hulle moet hul ook beywer om hier in die skynbaar God-lose wêreld, voluit te bly lééf. 




Daar is twee foutiewe vorme van hoop: valse hoop en wanhoop. Valse hoop soek na wêreldse strooihalms wat nie bestaan nie. Wanhoop gee op. Wáre hoop weet: God is ook nou, in hierdie tyd … hierdie oomblik … bý my. Daarom kan ek – ondanks – dag vir dag wel lééf.




ALMAGTIGE, GEE AAN MY WÁRE-HOOP-MOED VIR NOU! 



Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid