Leesplan inligting

Hoop Vir ’n Nuwe DagVoorbeeld

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

DAG 6 VAN 14

Moenie ’n goeie krisis mors nie!




Ons almal raak soms moedeloos en oorweldig deur al die slegte dinge in die wêreld en wonder dan of ons nog regtig ’n verskil kan maak. 


Onthou: Solank God daar is en ons die wil het om ’n positiewe verskil te maak, ís daar hoop! Napoleon Hill het gesê: “Geleenthede kom soms op maniere wat ons dit nie verwag nie. Ja, soms sluip dit by die agterdeur in in die vorm van ’n krisis, ongeluk of tydelike ontwrigting.” Hy sê as’t ware dat ons nie ’n goeie krisis moet mors nie.


Jý is nie op hierdie stadium van die wêreldgeskiedenis toevallig hier nie. Jy is ook nie per ongeluk op die plek waar jy is nie. Jy is presies daar waar jy nou is om aan ander op jou manier hoop te bring. 




Soek altyd vir geleenthede om deel te wees van die storielyn van hoop. Jy sal vind dat jou eie hoop meer word. En jou gemoed ligter.




WYS MY WAAR EK LIG KAN BRING, HERE.



Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid