Leesplan inligting

Hoop Vir ’n Nuwe DagVoorbeeld

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

DAG 5 VAN 14

Die hemel in aksie


’n Teoloog met die naam Dallas Willard is in ’n onderhoud gevra of die punt van Christenskap is om in die hemel te kom wanneer jy sterf. Sy briljante antwoord was: "Nee, die punt van Christenskap is om in die hemel te kom voor jy sterf."


Wanneer God in ons is, is die Alfa en die Omega in ons. En dít maak dat ons, ongeag ons omstandighede, kan bly hoop. Kan aanhou om midde-in die donkerte om en in ons, die lig te bly soek. Die hemel nou reeds te kan leef, en dit kan uitdeel.


God het ’n ewigdurende nou geskep waarin Hy is. Die nou waarin ek en jy stoei met die lewe, waar ons oor ons eie gebroke menswees struikel, sukkel om die regte dinge te doen … is Hy! God se hemel lê daarin dat ons juis, ondanks die stukkend om en in ons, sy genade hier en nou kan ervaar. En daarom genade met myself kan hê en dit teenoor ander kan leef.


Die hemel is genade in aksie. Wanneer? … Vandág!




MAAK MY VANDAG … EN MÔRE ’N KANAAL VAN U HEMELSE GENADE, VADER.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid