Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 4 VAN 90

BEREI DIE GROND VOOR Lees Lukas 8:9-15 Jesus was besig om deur die dorpies te beweeg en die goeie nuus van die Koninkryk van God te verkondig. Mense uit verskillende oorde het gekom om Hom te sien. Toe Hy die menigte sien, het Hy vir hulle 'n gelykenis vertel. Aan die wat na Hom geluister het, het Jesus beskryf hoe die saad, Sy woord, op vier verskillende harte sal val: Sommige het in die wandelpad geval, ander op klippe. En sommige tussen die dorings. Daar was ook die wat in goeie grond geval het en 'n honderdvoudige oes gelewer het. Jesus het na almal uitgeroep: "As iemand ore het, laat hom hoor." Slegs die met een tipe hart kan waarlik hoor. Heel duidelik is daar die wat glad nie aandag gee nie. Maar, van die wat hoor, gee slegs 'n paar regtig aandag. J.C. Ryle het gesê dat dit 'n gelykenis van universele toepassing is. Dit waarna verwys word, vind deurentyd in alle gemeentes waar die woord van God verkondig word, plaas. Die vier verskillende harte waarna verwys word, is in elke gemeente wat die woord hoor, sigbaar. Hierdie faktore moet maak dat ons die gelykenis met groot ontsag lees. Terwyl ons dit lees, moet ons vir onsself sê, "Hierdie is op my van toepassing. My hart is in hierdie gelykenis. Ek is ook hierin." Hy wat ore het, laat hom hoor. Jou hart word in hierdie gelykenis verteenwoordig. Vra die Here hierdie week om jou te help om die toestand van jou hart raak te sien. Dank God dat Hy Sy woord aan jou bekend maak. Bely dat jy 'n behoefte het dat die Heilige Gees die ware toestand van jou hart sal openbaar. Dank die Here dat Hy jou nader na Hom toe trek. Vra die Here om jou hart nederig en ontvanklik te hou vir Sy woord.

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skri...

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid