Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 6 VAN 90

BEREI DIE GROND VOOR Lees Lukas 8:19-21 Luister weer na wat Jesus sê. Jesus herhaal dieselfde punt. Iets wat herhaal word, is belangrik. Vandag, in stilte, baie teer maar vreesloos, vra jouself, "Hoe reageer ek teenoor God se woord? Stem ek net bloot daarmee saam of pas ek dit ook gehoorsaam toe? Onlangs het ek gesien hoe goeie ou vriende tot die besef kom dat hulle God se woord hoor en Sy woord glo, maar dit nie regtig uitleef nie. Hulle het gedink dat hulle Jesus volg. Almal wat hulle ken het ook so gedink, maar met dieper selfondersoek het hulle ontdek dat dit nie regtig die geval is nie. Dit het hulle in diep rou gelaat vir al die jare en geleenthede wat hulle gemis het en vir die impak wat hulle ongehoorsaamheid op hulle kinders en familie gehad het. Hulle het besef dat hulle Jesus probeer volg het sonder om hulle "eie ek" neer te lê. Dit is vir niemand moontlik om Jesus te volg sonder om dit met volle oorgawe te doen nie. “My moeder en my broers is dié wat na die woord van God luister en daarvolgens handel." Daar is 'n onafskeidbare konneksie tussen liefde en gehoorsaamheid. Jou aandag mag dalk afgetrek word, aan die slaap gesus word, of deur jou omstandighede sukkel om op God se woord te fokus en dit nie ernstig op neem nie. Jy mag jouself dalk met verskonings paai, maar Jesus se woorde is baie duidelik: Lukas 14:26 “As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe." Lukas 14:33 “So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie.” So pynvol as wat dit mag wees, vra jouself hierdie vraag af: "Stem ek net bloot met God se woord saam of is ek ook gehoorsaam om dit doen?" Dit is beter om nou te huil, as later. Vra die Here om Sy hulp, vir Sy genade oor jou, as sondaar. Bely jou ongevoeligheid, jou vrese, en jou ongeloof. Vra Hom vir Sy genade om alles oor te gee. Wat gaan dit beteken? Moontlike nederlaag? Verlies van jouself? Erkenning dat dinge nie is soos dit wil voorkom nie? "O Here, help my om te besef dat U nie iets van my wil wegvat nie, maar dat U my 'n lewe in oorvloed wil gee. U wil my van Uself gee!"

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skri...

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid