Leesplan inligting

Vind Betekenis te Midde van Verandering Voorbeeld

Finding Meaning in the Middle of Change

DAG 6 VAN 7

Wanneer die Lewe 'n Ompad Neem



Die ompaaie van die lewe is 'n deurlopende tema in die Bybel. Dit gebeur met Josef toe God hom kies, en hy dan jare in die tronk deurbring. Dit gebeur met Rut toe haar eerste man kort ná hul huwelik sterf, en sy dan haar skoonma na 'n vreemde land volg. Dit gebeur verskeie kere met Paulus wat die grootste deel van die Nuwe Testament geskryf het. 



Van skille wat van sy oë afval tot om in die tronk vasgeketting te word, verstaan baie min mense sulke ompaaie soos Paulus.



Trouens, laat ons een van sy ompaaie van naderby bekyk. Paulus het groot planne gehad om na Rome te reis en die goeie nuus van Jesus te verkondig. As jy na sy hart en sy motiewe kyk, is dit moeilik om te glo dat God nie wou hê dat Paulus suksesvol moes wees nie. Paulus is egter op pad soontoe gevange geneem. Sy groot plan het skielik tot stilstand gekom, en sy ompad het begin.



Ons kan egter die volgende by Paulus leer oor onverwagte lewensverandering:




  • God se goeie werk het nie opgehou nie (Filippense 1:6).

  • Ons ompaaie baan die weg vir God se Goddelike plan (Filippense 1:12).

  • Ons word geroep om ons voortdurend te verbly (Filippense 1:18-19).


Terwyl Paulus in die tronk was, sou dit vir hom baie maklik gewees het om te kla en bekommerd te wees. Hy het geweet dat hy enige oomblik tereggestel kon word. In plaas daarvan het hy sy ompad gebruik om presies te doen waarvoor hy geroep is om na Rome te gaan — om die evangelie te deel. 



Toe hy na Rome vertrek het, het hy gedink dat hy vir die massas sou preek. In plaas daarvan kon hy persoonlik die evangelie deel met elkeen van die wagte aan wie hy vasgeketting is.



Wat beteken dit dus vir ons? Ons kan hieruit leer om struikelblokke as geleenthede te sien. Met die regte ingesteldheid kan ons soos Paulus wees en verklaar:



."… dat wat my oorgekom het, juis die verkondiging van die evangelie bevorder het" (Filippense 1:12).



Gebed: Vader, as ek oor my lewe terugkyk, kan ek u werk in die terugslae en veranderinge sien. Ek is dankbaar dat selfs wanneer ek nie verstaan nie, ek kan vertrou dat U die beste plan in gedagte het. Help my om struikelblokke as geleenthede te sien om die evangelie te bevorder, en ek vra dat u wil in my lewe sal geskied — nie my eie nie. In die Naam van Jesus. Amen.



Uitdaging: Praat met God oor 'n spesifieke ompad in jou lewe. Dank Hom daarvoor en vra Hom dan enige vrae wat jy nog het oor die doel daarvan.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Finding Meaning in the Middle of Change

Hoe reageer ons wanneer die lewe nie uitwerk soos ons beplan het nie of wanneer ons 'n ompad neem? Wanneer ons verandering ervaar, is dit maklik om oorweldig te word met gevoelens van verwarring, woede en teleurstelling....

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid