Leesplan inligting

Vind Betekenis te Midde van Verandering Voorbeeld

Finding Meaning in the Middle of Change

DAG 1 VAN 7

Van Woestynstreek tot Veldblomme 



In Suid-Afrika is 'n dorre streek, Namakwaland, wat 90 persent van die tyd soos 'n stereotipiese droë woestyngebied lyk. Die aarde is bruin, klipperig, en dikwels vol krake. Dit lyk amper dood. 



Daar is egter jare wanneer die aarde verander, die perfekte toestande ontstaan en die gebied bloei met veldblomme wat die dorre land oral bedek. Hierdie verskynsel staan bekend as "superbloem".



Vir hierdie pragtige veldblomme om die woestyngebied met soveel kleur te vul, moet dit egter reën gedurende die maande voor die lente aanbreek.



Dit is nie net 'n pragtige en unieke gebeurtenis in die streek nie, maar dit is ook die perfekte beeldspraak vir die manier waarop God ons lewens tot sy verheerliking gebruik. 



In baie van ons lewensverhale is daar gedeeltes waarop ons nie trots is nie. Ons lewens voel soms soos 'n reeks storms wat ons verduur en waarin ons al onverwagte ompaaie moes hanteer. 



Tog skep God skoonheid uit die as.  



Daar is 'n deurslaggewende oomblik in elkeen van ons lewensverhale wanneer God ons ontmoet waar ons is en ons in sy familie innooi. Oombliklik verander ons lewensverhale van dood na lewe, gebrokenheid tot blymoedigheid en nederlaag tot oorwinning. 



Dit maak nie saak hoe ons lewens lyk nie, as gevolg van Jesus se voltooide werk aan die kruis, het ons 'n getuienis om met die wêreld te deel. Kyk wat sê die Skrif daaroor: 



“En hulle het hom self oorwin op grond van die bloed van die Lam en die boodskap waaroor hulle getuig het. Hulle het hulle lewens nie so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterf nie” (Openbaring 12:11 NLV).



Jou lewe en die bloed van Jesus verskyn in hierdie aanhaling. Dit is hoe passievol God is oor die lewensverhaal wat Hy oor jou skryf.



Staan dus vandag 'n oomblik af om na te dink hoe jy oor verandering dink en voel. Dalk vul dit jou regtig met soveel vrees — dat dit verlammend is. Miskien maak dit jou opgewonde en jy sukkel om te fokus, want jy is altyd op soek na die volgende groot opwinding. Miskien verwar dit jou wanneer dit onverwags gebeur.



Ongeag hoe jy na verandering kyk, is dit belangrik om die Skrywer van ons lewensverhale te onthou. Selfs as ons voel dat ons in 'n dorre streek is, plaas God dikwels iets spesiaals in ons om deur ons verandering teweeg te bring.



Bid: Vader, dankie dat U my altyd ontmoet waar ek is. Help my om die prag in my lewensverhaal raak te sien en die vele maniere waarop dit my nader aan U bring. Ek vertrou U as die Skrywer. In die Naam van Jesus. Amen.



Uitdaging: Staan tyd af om oor jou verhaal na te dink. Hoe het jy gekom waar jy nou is? Vra God om jou te wys waar Hy op elke oomblik in jou lewensverhaal was.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Finding Meaning in the Middle of Change

Hoe reageer ons wanneer die lewe nie uitwerk soos ons beplan het nie of wanneer ons 'n ompad neem? Wanneer ons verandering ervaar, is dit maklik om oorweldig te word met gevoelens van verwarring, woede en teleurstelling....

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid