Leesplan inligting

Vind Betekenis te Midde van Verandering Voorbeeld

Finding Meaning in the Middle of Change

DAG 4 VAN 7

Van Berou tot Herstel



Ons het almal gedeeltes van ons lewensverhale wat ons wens ons kon uitwis. Dit kan die verhouding wees wat nie eer aan God gegee het nie. Daardie tyd wat ons nie met integriteit geleef nie. Dit wat ons gesê het wat nie teruggeneem kan word nie. Miskien is dit 'n verslawing waarvan niemand weet nie. As dit nie hanteer word nie, sal berou tot skuldgevoelens en skaamte lei. Wat as ons berou egter tot bekering en herstel lei?



Paulus het hieroor geskryf toe hy gesê het: 



"want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood" (2 Korintiërs 7:10).



Droefheid volgens die wil van God — 'n soort berou — kan 'n weg tot God baan. Dit is nie genoeg om net berouvol te wees nie. Dit moet ons tot bekering lei — om jou weg te keer van sonde en na God toe te draai. 



Wanneer ons Jesus volg, wys die Heilige Gees areas in ons lewens uit waarvan ons ons moet bekeer en God om vergifnis vra. Wanneer ons dit doen, vind ons vryheid en vergifnis. Berou sonder bekering lei tot wêreldse droefheid — wat die dood meebring. Ons sien dit gebeur met twee van Jesus se dissipels. 



Nadat Judas vir Jesus verraai het, het hy berou gehad oor wat hy gedoen het. Sy berou het hom egter nooit tot bekering gelei nie. Hy het God nie om vergifnis gevra nie. In plaas daarvan het hy toegelaat dat die skuldgevoel oor sy fout meer tel as God se genade. 



Kom ons kyk nou na Petrus. As een van Jesus se mees uitgesproke volgelinge het Hy belowe om Jesus nooit te verloën nie. Tog het hy Jesus kort nadat hy dit gesê het, drie keer verloën. Die Skrif sê vir ons dat Petrus "bitterlik gehuil" het en berou getoon het oor wat hy gedoen het. Petrus het nie in berou gebly nie. Hy het hom bekeer. 



Toe Petrus besef dat Jesus opgestaan het, het hy hom na Jesus gehaas. Jesus het Petrus nie net tot versoening genooi nie, maar ook vir Petrus 'n doel en verantwoordelikheid gegee — om mense na Jesus te lei.



Wanneer ons berou toon, word ons net soos Petrus herstel. God kan elke deel van ons verhale — selfs die gedeeltes waaroor ons berouvol is — gebruik om mense na Hom toe te lei.  



Onthou dus, berou word net versuur wanneer ons dit vir onsself hou en dit vir God en ander verberg. Wanneer ons egter die berou aangryp, kan dit ons nader aan God laat beweeg in ons soeke na herstel en vergifnis.



Gebed: Vader, dankie dat u goedheid ons tot bekering lei. Ek weet dat U alles ten goede laat meewerk — selfs die gedeeltes van my verhaal wat my tot berou dryf. Maak my oë oop vir areas in my lewe waarvan ek my moet bekeer en U om vergifnis vra.  In die Naam van Jesus. Amen.



Uitdaging: Staan tyd af om God te vra of daar enige areas in jou lewe is waarvan jy jou moet bekeer — selfs klein tekortkominge of slegte gesindhede. Ervaar dan sy herstel. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Finding Meaning in the Middle of Change

Hoe reageer ons wanneer die lewe nie uitwerk soos ons beplan het nie of wanneer ons 'n ompad neem? Wanneer ons verandering ervaar, is dit maklik om oorweldig te word met gevoelens van verwarring, woede en teleurstelling....

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid