Leesplan inligting

Vind Betekenis te Midde van Verandering Voorbeeld

Finding Meaning in the Middle of Change

DAG 3 VAN 7

Samewerking met God en Mense



Met die aanvang van elke jaar stel miljoene mense Nuwejaarsvoornemens op. Teen Valentynsdag het die meeste mense egter reeds opgehou om veranderinge aan te bring. Hoekom kan ons nie volhard nie? Kan 'n deel van die probleem wees dat ons op ons eie probeer verander?



 

Om die soort vernuwende lewensverandering waaroor ons gister gepraat het, te ervaar, moet ons met God saamwerk en met mense. 



God begin die verandering in ons lewens, maar ons gaan die ondersteuning van die Bybelse gemeenskap nodig hê om aan te hou verander. Bybelse gemeenskap sluit die mense in jou lewe in wat jou sal aanmoedig, ondersteun en uitdaag onderwyl God in en deur jou lewe werk.



In Genesis skep God dag en nag, water en land, die voëls en die visse, en Hy noem dit alles goed. Dan skep Hy die mens as sy beeld. Toe God sy werke voltooi het, het Hy gerus, omdat Hy geweet het dat alles wat Hy gemaak het, baie goed is.



"Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed ..." (Genesis 1:31).



Die heel eerste ding wat God sê wat nie goed is nie, is vir die mens om alleen te wees. 



"Verder het die Here God gesê: 'Dit is nie goed dat die mens alleen is nie' ...” (Genesis 2:18).



God het 'n verskeidenheid wesens na die mens gebring om 'n rol as metgesel te vervul, maar niks was vir hom geskik nie. God het dus 'n vrou geskep sodat Adam nie meer alleen hoef te wees nie. 



Van die begin af het God ons geskape om in gemeenskap met mekaar te wees. Ons sien hierdie tema van gemeenskap regdeur die Skrif, insluitend: 



"Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets" (Prediker 4:9).



Wanneer ons met die mense om ons saamwerk, kan ons Christus verteenwoordig. Ons het die geleentheid om in die behoeftes van ons vriende te voorsien. Ons kan oorwinnings vier en verliese saam betreur. Ons tree in 'n verhouding om God se liefde met ander te deel en selfs om die wet van Christus te vervul:



"Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus" (Galasiërs 6:2).



Wie is dus jou mense, en hoe kan julle mekaar help om verandering te hanteer?



Gebed: Vader, dankie dat U ons vir gemeenskap ontwerp het. Ek weet ek het mense in my lewe nodig om die op en af van veranderinge mee te deel, en ek wil ook ander ondersteun in hul tydperke van verandering. Maak my oë oop vir die mense wat U in my lewe geplaas het en help ons om verhoudinge te bou. In die Naam van Jesus. Amen.



Uitdaging: Identifiseer die drie naaste mense in jou lewe. Skakel vandag persoonlik met elkeen van hierdie verhoudinge, per telefoon of met 'n vinnige teksboodskap.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Finding Meaning in the Middle of Change

Hoe reageer ons wanneer die lewe nie uitwerk soos ons beplan het nie of wanneer ons 'n ompad neem? Wanneer ons verandering ervaar, is dit maklik om oorweldig te word met gevoelens van verwarring, woede en teleurstelling....

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid