Leesplan inligting

Hoe om 'n Naaste te weesVoorbeeld

How To Neighbor

DAG 6 VAN 10

“Ken jy jou buurman?”


— Moeder Teresa


 


Dit is soms so moeilik om net te doen wat ons weet ons veronderstel is om te doen. Jesus het gesê ons moet ons naaste liefhê — daarom koop ons skoene by 'n maatskappy wat 'n paar weggee. Ons skryf 'n tjek uit, stuur 'n boks, skenk ou klere, en samel dalk selfs genoeg geld in om iewers ver op 'n sendingreis te gaan. Maar wat as sending dit is wat ons moet doen elke keer as ons by die deur uitstap? Wat as om jou buurman lief te hê 'n verhouding is? Wat as ons nie ver hoef te reis om naby mense te kom wat ver van God af is nie?


Luister, internasionale sendings, skenkings en maatskaplik verantwoordelike inkopies is alles goeie en nodige dinge. Toe Jesus ons egter beveel het om ons naaste lief te hê, was dit nie bloot 'n figuurlike stelling wat bedoel was om ons aan te moedig om korttermyn besluite te neem om vreemdelinge daar ver te bevoordeel nie. Ons word beveel om ons letterlike naaste ook werklik te ken en innig lief te hê! Jesus het ook gepraat van: die gesin oorkant die straat, die barista wat altyd ons drankie verkeerd kry, die haarstilis, die persoon anderkant die afskorting, die ou op ons skof, die man op die middelmannetjie, die vrou op die straathoek, en die student by die lessenaar langs ons. Ken jy jou buurman?


Hoe weet ons Jesus wou hê ons moet die mense reg voor ons liefhê? Eerstens het Hy sy hele lewe geleef deur die persoon voor Hom lief te hê. Tweedens, toe Hy gevra is: "Wie is my naaste?" het Hy gereageer met 'n verhaal oor 'n man wat gestop en vertoef het om iemand reg voor hom te help. Die saak staan so: wanneer ons al ons buurmanskap pogings inspan om kortstondige verligting vir mense daar ver te bring, loop ons die herstel mis wat uit langtermyn verhoudings met ander naby ons kom.


By Life.Church sê ons graag: verligting en herstel verskil van mekaar — maar albei maak saak. Verligting kan sonder 'n verhouding gebeur, maar herstel kan nie. As mense nie kos, klere of skuiling het nie, het hulle onmiddellike verligting nodig. Wanneer ons egter kies om mense te leer ken, sien ons mekaar raak vir meer as net hul behoeftes en ons hulpbronne. Dan kan herstel plaasvind. Om diesel in 'n ou, vernielde vragmotor te gooi, kan dit dalk vir 'n rukkie laat loop, maar om dit te herstel sal ontelbare ure en aandag aan alle besonderhede verg.


Herstel deur verhouding klink moeilik, maar moenie moed verloor nie. Dít wat die moeilikste is om te begin, is dikwels die sinvolste om te doen. Hier is 'n paar idees om jou naaste te leer ken: dink aan waarheen jy gaan om kos, koffie, petrol, motorherstelwerk, haarsny, ens. te gaan koop. Besoek daardie plekke gereeld. Gee goeie fooitjies en begin sinvolle gesprekke. Sit jou braai, swaaistoel of piekniektafel in jou voortuin. Gaan na parke. Nooi jou bure vir 'n braai of potjie in die voortuin. Ruil gereedskap, grasperktoerusting, troeteldier oppassery en weeklikse buitelug takies met bure uit. Bak iets vir jou bure. Vra jou kollega by die werk wat hulle vir 'n lewe sou doen as geld nie 'n probleem was nie. Nooi jou kinders se vriende kerk toe, en gaan laai hulle op. Dit sal nie lank neem voordat jy vir hierdie mense begin omgee nie. Wanneer jy dít doen, sal herstel in jou, jou bure en jou gemeenskap begin plaasvind.


Vandag se treetjie: Kyk na vandag se video met Pastoor Craig en twee gewone bure wat begin doen het wat hulle kon. Kies dan 'n paar idees uit die lys hierbo en begin hierdie week jou bure leer ken.

 

 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

How To Neighbor

Wat as ons nie ver hoef te reis om naby mense te kom wat ver van God af is nie? Wat as Christene die beste bure was? Sou jou straat verander het? Sou die hemel voller wees? Lank gelede het 'n godsdienstige leier vir Jesu...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid