Leesplan inligting

Hoe om 'n Naaste te weesVoorbeeld

How To Neighbor

DAG 1 VAN 10

Hoe om 'n Naaste te wees


Gaan sit. Maak vas en hou vas. Sit 'n helm op. Doen al die spreekwoordelike dinge om jouself gereed te maak, want hierdie leesplan is nie net nog 'n oggend oordenking om saam met ontbyt aan te teug nie. Jy is letterlik op die punt om die toekoms van jou stad te verander. Jou lewe en die ewige lewens van mense in jou sosiale en geografiese omgewing kan vir altyd anders wees.


Hoe kan ons hierdie bewering maak? Nie omdat ons 'n wonderlike leesplan opgestel het nie. Nie omdat ons een of ander geheim uitgepluis het nie. Nee, ons praat van iets groot, want Jesus het gesê die belangrikste ding wat ons kan doen, is om die Here ons God lief te hê met ons hele hart, ons hele siel en ons hele verstand. Toe sê Hy die tweede belangrikste ding wat ons ooit kan doen is soos die eerste: om ons naaste lief te hê soos onsself, want die evangelie is goeie nuus wat deur goeie dade bewys word. Want om 'n Christen te wees, is om die persoon wat voor jou staan lief te hê soos Jesus eerste die siel binne-in jou liefgehad het. Ten slotte, hierdie leesplan sal hierdie opdragte opgrawe, demonstreer en dit dan aan ons almal se lewens uitdeel.


Miskien wonder jy of hierdie soort opdrag om te volg, die toekomsveranderende buurmanskap vir 'n sekere tipe uber-onselfsugtige, supergeestelike of andersins bevoorregte mense is? Daar is egter iemand in die Bybel om oor na te dink. In die Ou Testament het sy God se volk van uitwissing gered. Dit terwyl sy gediskwalifiseer is weens haar geslag, verbied weens haar ouderdom, verwerp weens haar ras, wees gelaat deur haar ouers, beperk deur die wet, en bang om te probeer. As tiener het Ester die duisternis teruggestoot en alles vir haar naaste gewaag omdat Mordegai, haar aanneempa, haar herinner het hoekom sy “vir so ’n tyd soos hierdie” lewe. Dink hieroor. Ester, en elke ander persoon wat ooit iets waardevols vir God gedoen het, het basies net toenemende stappe van gehoorsaamheid geneem.


In vandag se video stel Craig Groeschel, pastoor van Life.Church, 'n verhaal oor 'n goeie buurman bekend. Jy het dit dalk al gehoor, maar weet jy hoekom Jesus dit vertel het? Druk die speelknoppie om uit te vind.


Vandag se treetjie: Kyk na die video, lees die Skrifgedeeltes en vra God om jou hart oop te maak vir dit waarvoor jy lewe.


Kry nog gratis Hoe om 'n Naaste te wees hulpbronne.


 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

How To Neighbor

Wat as ons nie ver hoef te reis om naby mense te kom wat ver van God af is nie? Wat as Christene die beste bure was? Sou jou straat verander het? Sou die hemel voller wees? Lank gelede het 'n godsdienstige leier vir Jesu...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid