Leesplan inligting

Hoe om 'n Naaste te weesVoorbeeld

How To Neighbor

DAG 10 VAN 10

Wanneer Jy Jouself aan die Einde van Jouself bevind


Was Freddie se verhaal in gister se video nie wonderlik nie? Dit is waaroor God se goeie nuus gaan. Freddie verteenwoordig die uitlewing van die groot sendingopdrag. Ons het al baie saam gedoen, nie waar nie? Ons het gepraat oor ons gesamentlike sending met Christus. Ons het Jesus se twee grootste gebooie saamgevat: om God lief te hê met ons hele liggaam en siel en om ons naaste soos onsself lief te hê. Ons het uit die barmhartige Samaritaan se verhaal nie net vasgestel wie ons naaste is nie, maar hoe om 'n naaste te wees. Ons het vyf nuttige beginsels by pastoor Craig geleer en na verhale gekyk hoe gewone mense dit uitleef.


Ons neem nie alles net in nie. Ons het die Heilige Gees genooi om met ons te praat en ons te bemagtig om dit uit te leef. Miskien het sommige van ons reeds 'n datum vir 'n bring-en-braai in die buurt vasgestel. Miskien het jy reeds 'n kollega leer ken. Miskien word jy gereeld as 'n omgee mens herken in die plekke waarheen jy gaan. Miskien deel jy maaltye met mense buite jou gemaksone. Miskien het jy 'n paar stoele van die agterstoep na die voorstoep geskuif. Miskien, in plaas daarvan om net 'n geldelike bydrae te gee, het jy by iemand stilgestaan om die persoon te leer ken. Miskien het jy oor liefdadigheidswerk na 'n plaaslike organisasie uitgereik. Miskien het jy 'n buurman gevra om iets te leen, of dalk het net sy naam gevra. So begin ons mense as mense sien, nie as behoeftes nie, en ons bied ons ore aan eerder as ons idees.


Of dalk het jy nie. Miskien is jy oorweldig deur die omvang van nood of ontevrede toe jy gesien het hoe die kerk hul naaste in die verlede behandel het. Jy is nie alleen nie. Jy ervaar 'n deel van naaste wees. As jy 'n ware naaste is, sal jy jouself moontlik in omstandighede bevind wat meer vereis as wat jy het om te gee. Dis in sulke gevalle waar óns God werklik jóú God word. Dit is in jou swakheid — in die kerk se swakheid – waar Hy sterk word. Dit is ook nie verkeerd om oorweldig te voel, maar moenie daar vashaak nie. Neem die eerste tree om te doen wat jy kan, met wat jy het, vir die mense by jou.  Dit is die moeite werd, want wat jy ook al vir jou naaste gedoen het, het jy vir Jesus gedoen.



Wanneer jy by jou voordeur uit, die onbekende instap — die groot sendingopdrag binne — sal God se beloftes vir jou geloofwaardig word, want hulle sal nodig word. Ons geloof sal nie meer 'n ingesteldheid van skaarsheid hê nie. Ons sal nie die hele nag visvang en niks vang nie. Ons sal gaan waarheen Jesus ons roep, want ons dien die Een wat al die vee op 'n duisend heuwels besit, wat ons nette volmaak en ons kanne weer vol olie maak. Ons sal dit egter nie alleen doen nie, ons sal saam met 'n groep vriende glo wat leegmaak en hervul. Dit is hoe ons 'n naaste sal wees, want ons is vir so 'n tyd soos hierdie geskape.


Vandag se treetjie: Kyk na die How to Neighbor temalied. Raak opgewonde om te begin waar jy is met dit wat jy het. Vra dan die Heilige Gees om die verskil te maak.




Beginsels hoe om 'n naaste te wees:



  1. Ons gaan groot om hulp vir liggaam en siel aan te bied.

  2. Ons is almal op een of ander manier stukkend.

  3. Verligting en herstel is verskillend – maar albei maak saak.

  4. Ons vind nie die wiel weer uit nie, ons rol daarmee saam. 

  5. Ons kom met vrae, nie antwoorde nie.


Kry meer gratis Hoe om 'n Naaste te wees hulpbronne.


Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

How To Neighbor

Wat as ons nie ver hoef te reis om naby mense te kom wat ver van God af is nie? Wat as Christene die beste bure was? Sou jou straat verander het? Sou die hemel voller wees? Lank gelede het 'n godsdienstige leier vir Jesu...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid