Leesplan inligting

Hou die Kleingeld: Bestuur Jou Geld Verstandig Voorbeeld

Keep the Change: Managing Your Money Wisely

DAG 6 VAN 7

Shauna het besef dat haar ingesteldheid haar grootste struikelblok was om finansiële vryheid en 'n lewe van vrygewigheid te hê. Voordat sy ooit haar begroting kon aanpas, sou sy eers haar hart moes aanpas. Hier beskryf sy hoe haar finansiële toestand verander het nadat sy haar ingesteldheid teenoor geld verander het." 



"Terwyl ek grootgeword het, was geld altyd 'n delikate kwessie. Toe my pa se sakeonderneming misluk het, het ons ons huis verloor en baie moeilike tye in die gesig gestaar. Danksy die kerk se kosbank en die vrygewigheid van ander, het ons altyd die nodige gehad, maar nie altyd wat ons graag wou hê nie. Ek het dit veral ervaar toe ek hoërskool toe is — min of meer die tyd toe klere en voorkoms vir my belangrik geword het. Ek onthou hoe sommige van my klasmaats met my tweedehandse klere gespot het — en dit het my altyd bygebly." 



"Toe ek begin werk en my eie geld verdien het, het ek aanvanklik versigtig gespaar. Ek het selfs my eerste motor kontant gekoop! Ek het egter gou besef dat ek meer goed kon koop — goed wat ek altyd wou gehad het, maar nooit kon bekostig nie." 



"Alhoewel daar niks daarmee verkeerd is om vir onsself goed te koop nie, was ek onbewustelik besig om goed te koop omdat ek gedink het daardie goed kon my identiteit verander." 



"Sonder om dit te besef, het ek geld en goed gebruik om waarde in die oë van ander te verkry. Dit het my aanvanklik beter laat voel, maar het nooit blywende verligting gebring nie. Mettertyd het my ekstra aankope net 'n klomp skuld beloop wat ek gesukkel het om terug te betaal. Ek was vasgevang in 'n bose kringloop van aankope om tydelik gelukkig te voel — maar ook permanente spanning." 



"Uiteindelik het ek besef dat ek my identiteit in Christus moet vestig — nie in geld nie. Een jaar het ek dus besluit om van die spandeer van geld te vas. Gedurende hierdie vastydperk het ek myself uitgedaag om vir drie weke die volgende te doen: 




  1. Identifiseer waar my geld heen gaan en hoekom ek dit spandeer. 

  2. Meer tyd in die Woord van God deur te bring om myself te herinner aan my identiteit in Christus. 

  3. Slegs te koop dit wat ek nodig het — nie dit wat ek wil hê nie. Vir my het dit beteken ek moes hou by my inkopielys, nie krediet gebruik nie en luukshede prysgee." 


"Natuurlik sal dit vir elkeen iets anders beteken. Sommige dinge wat ek as noodsaaklik beskou, sal deur ander as luukshede beskou word. Ek het 'n luuksheid gedefinieer as enige iets wat ek gedink het ek nodig het maar eintlik net wou hê."  



"Ek het ook besluit om vir hierdie drie weke van sosiale media af weg te bly, aangesien ek besef het dat ek myself meer met ander vergelyk het wanneer ek daardeur blaai." 



"Tydens hierdie vastydperk het ek so baie van myself geleer. Een ding wat ek agtergekom het, is hoe gereeld ek daaraan gedink het om goed te koop! Dit het soveel meer van my gedagtes in beslag geneem as wat ek ooit besef het. Deur net te fokus op wat ek elke dag nodig gehad het en slegs daarvoor voor te berei deur my eie koffie, middagete ens. werk toe te bring, het ek soveel meer ruimte in my gedagtes vir ander dinge gehad." 



"Ek het ook besef dat ek 'n groter kapasiteit vir vrygewigheid gehad het. Ek kon geld spaar om ander mee te seën deur nie so baie te fokus op die dinge wat ek wou hê nie. Dít het vir my egte, blywende geluk gebring — nie net die vlugtige bevrediging daarvan om iets nuuts te koop nie."



"Om geld te hê en op jouself uit te gee is nie noodwendig sleg nie. Dit is egter dalk tyd om van geld spandeer te vas wanneer die verbruik van artikels jou oorheers. Vir my is dit een van die nuttigste dinge wat ek al gedoen het, en om te verseker dat ek God met my finansies eer." 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Keep the Change: Managing Your Money Wisely

Geld kan 'n onderwerp wees wat ongemaklik is om te bespreek en moeilik is om te verstaan. Hoe ons ons geld aanwend kan egter bepaal hoe ons ons lewens deurbring. Hoe kan ons dan verseker dat ons God vereer en ander met o...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid