Leesplan inligting

Hou die Kleingeld: Bestuur Jou Geld Verstandig Voorbeeld

Keep the Change: Managing Your Money Wisely

DAG 1 VAN 7

Geld is een van daardie onderwerpe wat ongemaklik is om oor te praat. Dit dra allerhande bagasie uit ons kinderjare en is nie juis 'n gunsteling onderwerp vir toevallige geselsies nie. Daarom bly die versoeking om praatjies oor geld te onderdruk, voor te gee dat dit nie saak maak nie, of verward en sweterig te raak wanneer dit genoem word. Geld maak egter saak. In werklikheid het Jesus tydens sy tyd op aarde baie meer oor geld gepraat as wat 'n mens sou dink. 



Jesus het nie oor geld gepraat omdat geld self so belangrik is nie. Geld is 'n hulpmiddel of 'n hulpbron wat vir ons wys wat waardevol is. Ons kan doelbewus ons geld op so 'n wyse bestee dat God geëer word, of ons kan kies om God te ignoreer in hoe ons dit gebruik.



Dis reguit gestel, maar Jesus was ook redelik reguit ten opsigte van geld. 



Daar was die geval waar Hy vir 'n ryk, jong heerser gesê het dat sy volgende stap om Jesus volkome te volg, sou wees om al sy besittings te verkoop. In 'n ander geval het Hy die vergelyking vertel van die man wat so baie geoes het dat hy ekstra skure gebou het om alles te stoor, net om die volgende dag te sterf. Dan was daar ook Jesus se verhaal oor drie mense wat geld ontvang het om te belê: Een man het syne nie verstandig gebruik nie en is 'n slegte en lui slaaf genoem, daarna moes hy sy geld aan die een gee wat dit die beste belê het.



In een van sy mees direkte aanhalings oor geld, het Jesus gesê:  



“Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie” Matteus 6:24.

'n Liefde vir geld is dikwels die nommer een mededinger met ons gehoorsaamheid aan God.  



 Om dit duidelik te stel: Geld self is neutraal. Dis nie asof geld hierdie skelm vyand is wat ons versigtig moet hanteer nie. Die ryk, jong heerser is nie aangesê om alles te verkoop omdat dit verkeerd is om geld te hê nie. Hy is gevra om alles te verkoop omdat sy besittings sy hart oorheers het. Die man wat al sy hulpbronne gestoor het was nie verkeerd omdat hy vooruit beplan het nie. Hy het sy vertroue in sy beplanning gestel en nie in God se voorsiening nie.



Dit is in die haak om geld te hê. Wanneer ons egter ons geld liewer het as wat ons omgee om God en ander lief te hê, het ons 'n probleem. Hoe ons ons geld spandeer wys duidelik waaroor ons die meeste omgee, dit is dus die moeite werd om gereeld jouself die volgende vrae af te vra: 




  • Is die manier waarop ek my geld spandeer 'n goeie verteenwoordiging van my geloof?  

  • Reflekteer my mees onlangse aankope die dinge wat vir my waarde inhou?  

  • Hoe goed bestuur ek die hulpbronne wat God vir my gegee het?  


Hierdie vrae is taai, maar ons hoef nie die antwoorde op ons eie te vind nie. Ons kan God vir wysheid in ons finansies vra en ons kan ander betroubare vriende, leiers of mentors raadpleeg om ons te help.  



Oor die volgende paar dae, gaan ons ontdek hoe om geld op so 'n wyse te benader dat God verheerlik word. Deur persoonlike verhale en ervarings, sal ons ontdek hoe om ons finansies goed te bestuur, hoekom 'n ingesteldheid van oorvloed die beste finansiële raad is asook maniere om jou minder oor geld te bekommer.  


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Keep the Change: Managing Your Money Wisely

Geld kan 'n onderwerp wees wat ongemaklik is om te bespreek en moeilik is om te verstaan. Hoe ons ons geld aanwend kan egter bepaal hoe ons ons lewens deurbring. Hoe kan ons dan verseker dat ons God vereer en ander met o...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid